EFESIËRS 5:1-3
EFESIËRS 5:1-3 Bybel vir almal (ABA)
Ja, julle moet doen soos God doen, want julle is sy kinders, Hy is lief vir julle. Julle moet altyd lief wees vir ander mense, soos Christus lief was vir ons. Hy het gesterf sodat ons kan lewe. Hy was 'n offer vir God, 'n offer waarvan God gehou het. Julle moenie onsedelik lewe en ander slegte dinge doen nie. Julle moenie altyd meer en meer goed vir julleself wil hê nie. Julle behoort aan God, en almal moet weet dat julle nooit hierdie dinge doen nie.
EFESIËRS 5:1-3 Afrikaans 1933/1953 (AFR53)
WEES dan navolgers van God soos geliefde kinders; en wandel in liefde, soos Christus ons ook liefgehad het en Hom vir ons oorgegee het as 'n gawe en offer aan God tot 'n lieflike geur. Maar hoerery en allerhande onreinheid of hebsug moet onder julle selfs nie genoem word nie, soos dit die heiliges betaam
EFESIËRS 5:1-3 Afrikaans 1983 (AFR83)
Omdat julle kinders van God is en Hy julle liefhet, moet julle sy voorbeeld volg. Lewe in liefde, soos Christus ons ook liefgehad en om ons ontwil sy lewe as 'n offergawe gegee het, ja, 'n offer wat vir God aanneemlik was. Soos dit gelowiges betaam, moet daar van ontug, onsedelikheid in enige vorm, of gierigheid onder julle selfs geen sprake wees nie.
EFESIËRS 5:1-3 Die Bybel 2020-vertaling (AFR20)
Volg dan die voorbeeld van God as geliefde kinders, en leef in liefde, net soos •Christus ons liefgehad, en Homself ter wille van ons oorgegee het as 'n offergawe aan God, as 'n offerande met 'n aangename geur. Maar, soos dit •heiliges betaam, moet daar onder julle van onsedelikheid en allerlei onreinheid of gierigheid geen sprake wees nie
EFESIËRS 5:1-3 Contemporary Afrikaans Bible 2023 (CAB23)
Wees dan navolgers van God, soos dierbare kinders; En wandel in liefde, soos Christus ons ook liefgehad het en Homself vir ons gegee het as 'n gawe en 'n offer aan God tot 'n lieflike geur. Maar hoerery en allerhande onreinheid of hebsug, laat dit nie eenmaal onder julle genoem word soos dit die heiliges betaam nie
EFESIËRS 5:1-3 Die Boodskap (DB)
Maak soos God gemaak het, want so maak kinders wat ’n liefdevolle Vader het. Elke dingetjie wat jy doen, moet van liefde straal. Dit is mos die voorbeeld wat Christus vir julle gegee het. Hy het ons so liefgehad dat Hy sy lewe tot ons voordeel gegee het. Hy het Homself geoffer en God het die offer aanvaar as betaling vir al die skuld wat ons met ons sondes gemaak het. Onthou, julle behoort aan God. Daarom mag julle nie eens daaraan dink om seksueel verkeerde dinge van watter aard ook al te doen of om van gierigheid oor te loop nie.
EFESIËRS 5:1-3 Nuwe Lewende Vertaling (NLV)
Omdat julle God se kinders is wat Hy liefhet, moet julle sy voorbeeld volg. Ja, leef ’n lewe van liefde soos ook Christus ons liefgehad het deur Homself vir ons oor te gee as ’n lieflike reukoffer aan God. Soos dit pas by mense wat aan God behoort, moet daar onder julle geen sprake wees van seksuele son-des, immorele optredes of gierigheid nie.