EFESIËRS 4:3-6
EFESIËRS 4:3-6 Bybel vir almal (ABA)
Die Heilige Gees het julle saamgebind soos een liggaam. Julle moet baie hard probeer om te lewe soos mense wat een liggaam is, julle moet in vrede lewe. Julle is een, en soos 'n mens net een liggaam het, so het julle almal dieselfde Heilige Gees in julle harte. Want God het julle almal gekies, julle almal behoort aan Hom, en julle is nou almal seker dat God sal doen wat Hy belowe het. Julle het almal een Here, julle glo dieselfde dinge, julle is almal gedoop. Julle behoort almal aan dieselfde God. Hy is die Vader van almal. Hy regeer oor almal en oor alles, Hy laat almal en alles vir Hom werk, Hy is in almal.
EFESIËRS 4:3-6 Afrikaans 1933/1953 (AFR53)
en ernstig strewe om die eenheid van die Gees te bewaar deur die band van die vrede. Dit is een liggaam en een Gees, soos julle ook geroep is in een hoop van julle roeping; een Here, een geloof, een doop, een God en Vader van almal, wat oor almal en deur almal en in julle almal is.
EFESIËRS 4:3-6 Afrikaans 1983 (AFR83)
Lê julle daarop toe om die eenheid wat die Gees tussen julle gesmee het, te handhaaf deur in vrede met mekaar te lewe. Daar is net één liggaam en net één Gees, soos daar net één hoop is waartoe God julle geroep het. Daar is net één Here, één geloof, één doop, één God en Vader van almal: Hy wat oor almal is, deur almal werk en in almal woon.
EFESIËRS 4:3-6 Die Bybel 2020-vertaling (AFR20)
en julle daarop toe te lê om die eenheid wat die Gees bewerk, te bewaar deur die band van vrede – een liggaam en een Gees, soos julle ook deur julle roeping tot een hoop geroep is: een Here, een geloof, een doop, een God en Vader van almal, wat oor almal en deur almal en in almal is.
EFESIËRS 4:3-6 Contemporary Afrikaans Bible 2023 (CAB23)
Probeer om die eenheid van die Gees in die band van vrede te bewaar. Daar is een liggaam en een Gees, soos julle ook geroep is in een hoop van julle roeping; Een Here, een geloof, een doop, Een God en Vader van almal, wat bo almal en deur almal en in julle almal is.
EFESIËRS 4:3-6 Die Boodskap (DB)
Die Heilige Gees het van ons een hegte span vir God gemaak. Hierdie “een-wees” en “saam-wees” moet ons tot elke prys bewaar. Ons moet nie toelaat dat enigiets tussen ons kom wat die goeie verhouding tussen ons bederf nie. God is nie verdeel nie. Daar is net een liggaam van Christus, waarvan ons deel is, en net een Heilige Gees. Ons almal se hoop is ook een en dieselfde. Ons dien een Here, ons geloof is dieselfde en daar is net een doop. En dan is daar ook net een God en Hy is die Vader van ons almal. Niks en niemand is soos Hy nie, want Hy is belangriker as alles en almal. Hy werk deur ons en woon in ons almal. Christus het vir elkeen van ons iets besonders gegee om in die gemeente te doen.
EFESIËRS 4:3-6 Nuwe Lewende Vertaling (NLV)
Deur in vrede met mekaar te lewe, moet julle julle daarop toelê om die eenheidsband te bewaar wat die Gees bewerk het. Daar is net één liggaam en één Gees, net soos julle net één toekomsverwagting het op grond van julle roeping – één Here, één geloof, één doop, één God, ons almal se Vader; Hy heers oor almal, werk deur almal en woon in almal.