EFESIËRS 4:22-23
EFESIËRS 4:22-23 Bybel vir almal (ABA)
Julle het geleer dat julle moet ophou om te lewe soos julle voorheen gelewe het. Toe was julle sleg en julle het die slegte dinge gedoen wat julle graag wou doen. Maar julle het geleer dat julle anders moet dink en nuwe mense moet word.
EFESIËRS 4:22-23 Afrikaans 1933/1953 (AFR53)
dat julle, wat die vorige lewenswandel betref, die oue mens moet aflê wat deur die begeerlikhede van die verleiding te gronde gaan, en dat julle vernuwe moet word in die gees van julle gemoed
EFESIËRS 4:22-23 Afrikaans 1983 (AFR83)
Hou dan op om te lewe soos julle vroeër gelewe het; breek met die ou, sondige mens in julle wat deur sondige begeertes verteer word. Julle gees en gedagtes moet nuut word
EFESIËRS 4:22-23 Die Bybel 2020-vertaling (AFR20)
naamlik dat julle, wat julle vroeëre lewenswandel betref, die ou mens moet aflê, wat as gevolg van sy misleidende drange vergaan. Julle moet eerder in die aard van julle denke vernuwe word.
EFESIËRS 4:22-23 Contemporary Afrikaans Bible 2023 (CAB23)
dat julle met betrekking tot die vorige lewenswandel die oue mens aflê, wat verdorwe is volgens die bedrieglike begeerlikhede; En word vernuwe in die gees van julle gemoed
EFESIËRS 4:22-23 Die Boodskap (DB)
Los julle ou manier van lewe. Soos ’n mens vuil klere uittrek, moet julle julle ou geaardheid uittrek, want dit is vol sonde en wil net verkeerde dinge doen. Die einde van daardie pad loop op verwoesting uit. Julle moet ’n nuwe gesindheid kry en op ’n nuwe manier oor dinge dink.