EFESIËRS 4:16
EFESIËRS 4:16 Bybel vir almal (ABA)
Die kerk is soos 'n liggaam wat baie dele het, die dele is almal vas aan mekaar. Elke deel van die liggaam werk saam en help die liggaam om te groei en sterker te word. So laat Christus die kerk groei en sterker word. Dit gebeur wanneer ons lief is vir mekaar en vir mekaar help.
EFESIËRS 4:16 Afrikaans 1933/1953 (AFR53)
uit wie die hele liggaam — goed saamgevoeg en saamverbind deur die ondersteuning wat elke lid gee volgens die werking van elke afsonderlike deel in sy mate — die groei van die liggaam bevorder vir sy eie opbouing in liefde.
EFESIËRS 4:16 Afrikaans 1983 (AFR83)
en uit Hom groei die hele liggaam. Die verskillende liggaamsdele pas by mekaar en vorm saam 'n eenheid. Elkeen van hulle vervul sy funksie, en so bou die liggaam homself op in liefde.
EFESIËRS 4:16 Die Bybel 2020-vertaling (AFR20)
uit wie die hele liggaam, harmonieus saamgevoeg en saamgebind, deur die ondersteuning van elke gewrig, volgens die werking van elke deel afsonderlik, die groei van die liggaam bewerk tot sy eie opbou in liefde.
EFESIËRS 4:16 Contemporary Afrikaans Bible 2023 (CAB23)
Uit wie die hele liggaam behoorlik saamgevoeg en saamgepers word deur dit wat elke gewrig verskaf, volgens die kragtige werking in die mate van elke deel, vermeerder die liggaam tot sy opbouing in liefde.