EFESIËRS 4:1-4
EFESIËRS 4:1-4 Die Bybel 2020-vertaling (AFR20)
Daarom spoor ek julle aan, ek, wat ter wille van die Here 'n gevangene is, om so te leef dat julle die roeping waarmee julle geroep is, waardig is: deur mekaar met volkome nederigheid en saggeaardheid, en met geduld in liefde te verdra, en julle daarop toe te lê om die eenheid wat die Gees bewerk, te bewaar deur die band van vrede – een liggaam en een Gees, soos julle ook deur julle roeping tot een hoop geroep is
EFESIËRS 4:1-4 Bybel vir almal (ABA)
Ek, Paulus, is in die tronk omdat ek die Here dien. Ek sê ernstig vir julle: God het julle gekies en julle behoort nou aan Hom. Daarom moet julle nou lewe soos mense wat aan Hom behoort. Julle moenie hoogmoedig wees en gou kwaad word nie. Julle moet geduldig wees, julle moet mekaar vergewe omdat julle lief is vir mekaar. Die Heilige Gees het julle saamgebind soos een liggaam. Julle moet baie hard probeer om te lewe soos mense wat een liggaam is, julle moet in vrede lewe. Julle is een, en soos 'n mens net een liggaam het, so het julle almal dieselfde Heilige Gees in julle harte. Want God het julle almal gekies, julle almal behoort aan Hom, en julle is nou almal seker dat God sal doen wat Hy belowe het.
EFESIËRS 4:1-4 Afrikaans 1933/1953 (AFR53)
EK vermaan julle dan, ek, die gevangene in die Here, om te wandel waardig die roeping waarmee julle geroep is, met alle nederigheid en sagmoedigheid, met lankmoedigheid, terwyl julle mekaar in liefde verdra en ernstig strewe om die eenheid van die Gees te bewaar deur die band van die vrede. Dit is een liggaam en een Gees, soos julle ook geroep is in een hoop van julle roeping
EFESIËRS 4:1-4 Afrikaans 1983 (AFR83)
Ek druk julle dit op die hart, ek wat 'n gevangene is omdat ek die Here dien: Laat julle lewenswandel in ooreenstemming wees met die roeping wat julle van God ontvang het. Wees altyd beskeie, vriendelik en geduldig, en verdra mekaar in liefde. Lê julle daarop toe om die eenheid wat die Gees tussen julle gesmee het, te handhaaf deur in vrede met mekaar te lewe. Daar is net één liggaam en net één Gees, soos daar net één hoop is waartoe God julle geroep het.
EFESIËRS 4:1-4 Die Bybel 2020-vertaling (AFR20)
Daarom spoor ek julle aan, ek, wat ter wille van die Here 'n gevangene is, om so te leef dat julle die roeping waarmee julle geroep is, waardig is: deur mekaar met volkome nederigheid en saggeaardheid, en met geduld in liefde te verdra, en julle daarop toe te lê om die eenheid wat die Gees bewerk, te bewaar deur die band van vrede – een liggaam en een Gees, soos julle ook deur julle roeping tot een hoop geroep is
EFESIËRS 4:1-4 Contemporary Afrikaans Bible 2023 (CAB23)
Ek, die gevangene van die Here, smeek julle dan dat julle wandel waardig die roeping waarmee julle geroep is, Met alle nederigheid en sagmoedigheid, met lankmoedigheid, terwyl julle mekaar in liefde verdra; Probeer om die eenheid van die Gees in die band van vrede te bewaar. Daar is een liggaam en een Gees, soos julle ook geroep is in een hoop van julle roeping
EFESIËRS 4:1-4 Die Boodskap (DB)
Ek sit hier in die tronk omdat ek vir die Here werk. Dit wys hoe ernstig ek oor hierdie dinge is, en juis daarom vra ek julle mooi: leef so dat God trots kan wees dat Hy julle na Hom toe geroep het. Moenie voor op die wa wees nie en behandel ander mense so dat dit vir hulle lekker is om by julle te wees. As iemand jou kwaad maak of irriteer, beheer jouself deur steeds mooi teenoor hom op te tree. Laat liefde julle lojaal teenoor mekaar hou, ook wanneer julle voel julle het nou vir eers genoeg van mekaar gehad. Die Heilige Gees het van ons een hegte span vir God gemaak. Hierdie “een-wees” en “saam-wees” moet ons tot elke prys bewaar. Ons moet nie toelaat dat enigiets tussen ons kom wat die goeie verhouding tussen ons bederf nie. God is nie verdeel nie. Daar is net een liggaam van Christus, waarvan ons deel is, en net een Heilige Gees. Ons almal se hoop is ook een en dieselfde.
EFESIËRS 4:1-4 Nuwe Lewende Vertaling (NLV)
Ek doen dus ’n beroep op julle, ek wat ’n gevangene in diens van die Here is: Leef ’n lewe wat pas by die waardigheid van die roeping waarmee julle geroep is. Met totale beskeidenheid en sagmoedigheid, ja, met geduld moet julle mekaar in liefde verdra. Deur in vrede met mekaar te lewe, moet julle julle daarop toelê om die eenheidsband te bewaar wat die Gees bewerk het. Daar is net één liggaam en één Gees, net soos julle net één toekomsverwagting het op grond van julle roeping