EFESIËRS 3:8
EFESIËRS 3:8 Bybel vir almal (ABA)
Ja, God was baie goed vir my. Ek is minder belangrik as al die ander mense wat aan God behoort, maar God het gesê ek moet die goeie boodskap vir die heidene bring. Die goeie boodskap is dat Christus baie goeie dinge vir mense gee, baie meer as wat hulle kan weet.
EFESIËRS 3:8 Afrikaans 1933/1953 (AFR53)
Aan my, die geringste van al die heiliges, is hierdie genade gegee om onder die heidene die evangelie van die onnaspeurlike rykdom van Christus te verkondig
EFESIËRS 3:8 Afrikaans 1983 (AFR83)
Hoewel ek die geringste van al die gelowiges is, het Hy aan my hierdie voorreg gegee om aan die heidennasies die evangelie van die onpeilbare rykdom van Christus te verkondig.
EFESIËRS 3:8 Die Bybel 2020-vertaling (AFR20)
Aan my, minder as die geringste van al die •heiliges, is hierdie genade geskenk, om aan die heidene die evangelie van die onpeilbare rykdom van Christus te verkondig
EFESIËRS 3:8 Contemporary Afrikaans Bible 2023 (CAB23)
Aan my, wat minder is as die geringste van al die heiliges, is hierdie genade gegee dat ek onder die heidene die onnaspeurlike rykdom van Christus sou verkondig