EFESIËRS 3:7-8
EFESIËRS 3:7-8 Bybel vir almal (ABA)
Nou is dit my werk om die goeie boodskap vir julle te bring. Dit is die present wat God vir my gegee het. God was goed vir my, Hy is sterk en Hy het my verander. Ja, God was baie goed vir my. Ek is minder belangrik as al die ander mense wat aan God behoort, maar God het gesê ek moet die goeie boodskap vir die heidene bring. Die goeie boodskap is dat Christus baie goeie dinge vir mense gee, baie meer as wat hulle kan weet.
EFESIËRS 3:7-8 Afrikaans 1933/1953 (AFR53)
waarvan ek 'n dienaar geword het, volgens die gawe van die genade van God wat aan my gegee is ooreenkomstig die werking van sy krag. Aan my, die geringste van al die heiliges, is hierdie genade gegee om onder die heidene die evangelie van die onnaspeurlike rykdom van Christus te verkondig
EFESIËRS 3:7-8 Afrikaans 1983 (AFR83)
Van hierdie evangelie het ek 'n dienaar geword, 'n voorreg wat God in sy genade aan my gegee het deur sy krag in my te laat werk. Hoewel ek die geringste van al die gelowiges is, het Hy aan my hierdie voorreg gegee om aan die heidennasies die evangelie van die onpeilbare rykdom van Christus te verkondig.
EFESIËRS 3:7-8 Die Bybel 2020-vertaling (AFR20)
Van dié evangelie het ek 'n dienaar geword, ooreenkomstig die gawe van God se genade wat aan my betoon is volgens die werking van sy krag. Aan my, minder as die geringste van al die •heiliges, is hierdie genade geskenk, om aan die heidene die evangelie van die onpeilbare rykdom van Christus te verkondig
EFESIËRS 3:7-8 Contemporary Afrikaans Bible 2023 (CAB23)
Waarvan ek 'n dienaar gemaak is, volgens die gawe van die genade van God wat aan my gegee is deur die kragtige werking van sy krag. Aan my, wat minder is as die geringste van al die heiliges, is hierdie genade gegee dat ek onder die heidene die onnaspeurlike rykdom van Christus sou verkondig
EFESIËRS 3:7-8 Die Boodskap (DB)
God het my aangestel om hierdie nuus vir ander te gaan vertel. Dit is ’n voorreg wat God aan my gegee het, al verdien ek dit nie. Hy gee ook vir my die krag om dit te doen. Van al die Christene is ek die minste werd. Nogtans het God besluit om hierdie voorreg aan my te gee, en dit was onverdiend, glo my.
EFESIËRS 3:7-8 Nuwe Lewende Vertaling (NLV)
Uit genade het God my die gawe gegee om ’n dienaar van hierdie Goeie Nuus te word. Die gawe is aan my gegee deur die werking van God se krag. Aan my, die heel onbelangrikste van al God se mense, is hierdie genade gegee om aan die nie-Joodse nasies die onmeetlike rykdom van Christus te verkondig!