EFESIËRS 2:14
EFESIËRS 2:14 Bybel vir almal (ABA)
Dit is Christus wat vrede gebring het tussen ons. Die Jode en die heidene was altyd apart en hulle was mekaar se vyande. Dit was soos 'n muur tussen die Jode en die heidene. Maar Christus het die muur afgebreek en Hy het die Jode en die heidene bymekaargebring. Hulle is nou nie meer vyande nie.
EFESIËRS 2:14 Afrikaans 1933/1953 (AFR53)
Want Hy is ons vrede, Hy wat albei een gemaak en die middelmuur van skeiding afgebreek het
EFESIËRS 2:14 Afrikaans 1983 (AFR83)
Christus is ons vrede, Hy wat dié twee, Jode en nie-Jode, een gemaak het. Deur sy liggaam te gee, het Hy die vyandskap afgebreek wat vroeër soos 'n muur skeiding gemaak het.
EFESIËRS 2:14 Die Bybel 2020-vertaling (AFR20)
Hy is immers ons vrede – Hy wat albei één gemaak het, en die middelmuur van skeiding, die vyandskap, deur sy liggaam afgebreek het.
EFESIËRS 2:14 Contemporary Afrikaans Bible 2023 (CAB23)
Want Hy is ons vrede, wat albei een gemaak het en die middelmuur van skeiding tussen ons afgebreek het
EFESIËRS 2:14 Die Boodskap (DB)
Jesus is die ware vredemaker. Hy is die Een wat vrede kom maak het tussen die Jode en dié wat nie Jode is nie. Die vyandige houding, wat soos ’n groot muur tussen ons gestaan het, het Jesus tot op die grond kom afbreek. Nou is daar niks meer wat ons in twee groepe verdeel (naamlik Jode en nie-Jode) nie, maar ons is een groep, Jesus s’n. Om dit vir ons reg te kry het Jesus sy lewe gekos.