EFESIËRS 1:11
EFESIËRS 1:11 Bybel vir almal (ABA)
God het lank gelede besluit dat ons aan Hom moet behoort, daarom het Hy vir Christus gestuur. En wanneer God besluit dat iets moet gebeur, dan gebeur dit.
EFESIËRS 1:11 Afrikaans 1933/1953 (AFR53)
in Hom in wie ons ook 'n erfdeel ontvang het nadat ons vantevore daartoe verordineer is ooreenkomstig die voorneme van Hom wat alles werk volgens die raad van sy wil
EFESIËRS 1:11 Afrikaans 1983 (AFR83)
Deur Christus het ons deel geword van die volk van God soos Hy dit vooruit al bestem het. So het Hy Hom dit voorgeneem, Hy wat alles laat gebeur volgens sy raadsbesluit.
EFESIËRS 1:11 Die Bybel 2020-vertaling (AFR20)
In Hom is ons ook as erfgename uitverkies, voorbestem volgens die voorneme van die Een wat alles volgens sy raad en wil laat gebeur
EFESIËRS 1:11 Contemporary Afrikaans Bible 2023 (CAB23)
In wie ons ook 'n erfdeel verkry het, deurdat ons voorbeskik is volgens die voorneme van Hom wat alles werk volgens die raad van sy wil