EFESIËRS 1:10
EFESIËRS 1:10 Bybel vir almal (ABA)
Hy het besluit wanneer dit die regte tyd sal wees, wanneer Christus moet kom sodat alles in die hemel en op die aarde saam aan Christus sal behoort en een sal wees.
EFESIËRS 1:10 Afrikaans 1933/1953 (AFR53)
om die volheid van die tye te reël, met die doel om alle dinge wat in die hemele sowel as wat op die aarde is, onder een hoof in Christus te verenig
EFESIËRS 1:10 Afrikaans 1983 (AFR83)
en dit deur Christus tot uitvoering gebring op die tyd wat Hy daarvoor bepaal het. Sy bedoeling was om alles wat in die hemel en alles wat op die aarde is, onder een hoof te verenig, naamlik onder Christus.
EFESIËRS 1:10 Die Bybel 2020-vertaling (AFR20)
om die volheid van die tye te bestuur, en om alle dinge – die dinge in die hemel en die dinge op die aarde – onder een Hoof in Christus saam te bring
EFESIËRS 1:10 Contemporary Afrikaans Bible 2023 (CAB23)
Sodat Hy in die bedeling van die volheid van tye alle dinge in Christus kan versamel, wat in die hemele sowel as wat op die aarde is; selfs in hom
EFESIËRS 1:9-10 Die Boodskap (DB)
Daarom het Hy besluit om ons ook te laat verstaan waarom Hy, toe die tyd ryp was, besluit het om Jesus te stuur om alles te kom doen wat nodig was. Dit was eintlik eers net God se geheim, wat mense glad nie verstaan het nie. Maar nou besef ons waarom dit gaan, omdat God graag wil hê dat ons dit moet weet. Ja, Hy sal alles - of dit nou in die hemel is of op die aarde - bymekaarbring soos dit met die skepping bedoel was, en Jesus sal oor alles regeer.