PREDIKER 7:25
PREDIKER 7:25 Bybel vir almal (ABA)
Ek het hard probeer om te weet en te soek en te kyk of ek wysheid kan kry en of ek dinge kan ken. Ek wou weet of 'n mens 'n dwaas is wanneer hy verkeerd doen en of 'n mens mal is wanneer hy dwase dinge doen.
PREDIKER 7:25 Afrikaans 1933/1953 (AFR53)
Ek het my daartoe gewend en my hart gerig om te weet en na te speur, en wysheid en 'n slotsom te soek, en om so die goddeloosheid as dwaasheid en die dwaasheid as onverstandigheid te leer ken.
PREDIKER 7:25 Afrikaans 1983 (AFR83)
Ek het my opnuut daaraan gewy om te wete te kom, na te vors en te ondersoek wat wysheid en insig is, en ek het toe vasgestel dat goddelose optrede dwaasheid is, dat onverstandige optrede geen doel dien nie.
PREDIKER 7:25 Die Bybel 2020-vertaling (AFR20)
Ek het my hart daaraan oorgegee om te ken en na te vors, om na wysheid en verklaring te soek, om die kwaad van onkunde, en die dwaasheid as domheid, te leer ken.
PREDIKER 7:25 Contemporary Afrikaans Bible 2023 (CAB23)
Ek het my hart toegepas om te weet en te ondersoek en om wysheid en die rede van dinge te soek, en om die boosheid van dwaasheid, ja, dwaasheid en dwaasheid te ken.