PREDIKER 4:8-13
PREDIKER 4:8-13 Die Boodskap (DB)
En dit is ’n man wat ongetroud is en geen seun of broer het nie. Elke dag werk hy hard. Alles wat hy sien, koop hy vir homself. Vir wie sloof hy hom nou af? Wie gaan alles geniet wat hy bymekaarmaak? Die lewe is sinloos, absoluut sinloos. Twee is beter as een, want twee mense kan meer regkry as net een. As die een val, kan die ander een hom ophelp. Dit is sleg as die een val en daar is niemand om hom te help nie. ’n Mens kan homself nie warm maak nie, maar as twee saamlê, hou hulle mekaar warm. Een word maklik oorwin, maar twee kan ’n aanval keer. Om nie eens van drie te praat nie. ’n Driedubbele tou breek tog nie maklik nie. Dit is goed as ’n jong, intelligente man oor die land regeer. Al kom hy uit ’n arm familie en al was hy in die tronk
PREDIKER 4:8-13 Afrikaans 1983 (AFR83)
daar was 'n man wat alleen was, sonder seun of broer. Tog was daar nie 'n einde aan al sy inspanning nie en was hy steeds op soek na meer rykdom. Hy moes later sê: “Vir wie sloof ek my af en ontsê ek my die aangename dinge?” Ook hier kom dit tot niks. Dit bly 'n harde saak. Twee vaar beter as een. Hulle inspanning kom tot iets. As die een val, kan die ander hom ophelp. Maar as een val wat alleen is, is daar niemand om hom op te help nie. As twee langs mekaar slaap, word hulle warm, maar hoe sal een wat alleen is, warm word? Een alleen kan oorweldig word, twee saam kan weerstand bied. 'n Driedubbele tou breek nie maklik nie. 'n Jongman wat arm is maar verstandig, is beter as 'n koning wat oud is maar dwaas en hom nie meer wil laat waarsku nie.
PREDIKER 4:8-13 Bybel vir almal (ABA)
Iemand is miskien alleen en hy het ook nie kinders of broers nie, maar hy hou aan om hard te werk en hy is nooit tevrede met alles wat hy het nie. Hy sal later dink: Vir wie het ek so hard gewerk? Hoekom het ek self so min van alles gebruik? Ook dít is nie soos dit moet wees nie, dit is 'n baie slegte ding. Dit is beter wanneer twee mense saam is, dit is beter as om alleen te wees. Wanneer twee mense saam hard werk, dan kan hulle 'n groter beloning kry, want as een van hulle val, dan kan die ander een hom optel. Maar dit sal sleg gaan met iemand wanneer hy val en daar is niemand om hom op te tel nie. En ook, wanneer twee mense bymekaar lê, dan bly hulle warm, maar as iemand alleen lê, dan sal hy nie warm word nie. Iemand kan een persoon aanval en hom oorwin, maar hy kan nie twee persone oorwin nie. Dit is soos wanneer 'n mens drie toue neem en een dik tou daarvan maak, daardie tou sal nie maklik breek nie. 'n Jongman wat arm is maar wat wysheid het, is beter as 'n koning wat oud is en wat 'n dwaas is en nie wil luister na sy raadgewers nie.
PREDIKER 4:8-13 Afrikaans 1933/1953 (AFR53)
Daar is een allenig sonder 'n tweede, ook het hy geen seun of broer nie; tog is daar geen einde aan al sy moeitevolle arbeid nie, sy oë kry ook nie genoeg van rykdom nie. Vir wie tog vermoei ek my en laat my siel gebrek ly aan die goeie? Ook dit is tevergeefs en 'n verkeerde saak. Twee is beter as een, want hulle het 'n goeie beloning vir hulle moeitevolle arbeid. Want as hulle val, kan die een sy maat optel, maar wee die een wat val sonder dat daar 'n tweede is om hom op te tel. Verder, as twee bymekaar lê, kry hulle warm; maar hoe kan een allenig warm word? En as iemand die een aanval, kan altwee hom teëstand bied; en 'n driedubbele lyn word nie gou verbreek nie. Beter is 'n behoeftige maar wyse jongman as 'n ou maar dwase koning wat nie meer weet om hom te laat waarsku nie.
PREDIKER 4:8-13 Afrikaans 1983 (AFR83)
daar was 'n man wat alleen was, sonder seun of broer. Tog was daar nie 'n einde aan al sy inspanning nie en was hy steeds op soek na meer rykdom. Hy moes later sê: “Vir wie sloof ek my af en ontsê ek my die aangename dinge?” Ook hier kom dit tot niks. Dit bly 'n harde saak. Twee vaar beter as een. Hulle inspanning kom tot iets. As die een val, kan die ander hom ophelp. Maar as een val wat alleen is, is daar niemand om hom op te help nie. As twee langs mekaar slaap, word hulle warm, maar hoe sal een wat alleen is, warm word? Een alleen kan oorweldig word, twee saam kan weerstand bied. 'n Driedubbele tou breek nie maklik nie. 'n Jongman wat arm is maar verstandig, is beter as 'n koning wat oud is maar dwaas en hom nie meer wil laat waarsku nie.
PREDIKER 4:8-13 Die Bybel 2020-vertaling (AFR20)
Daar is iemand alleen, sonder 'n tweede; hy het nie eers 'n seun of broer nie, maar daar is geen einde aan al sy inspanning nie; sy oë raak nie versadig van rykdom nie. Vir wie vermoei ek my en ontsê ek myself die goeie? Ook dit is sinloos en 'n slegte saak. Twee is beter as een, omdat daar vir hulle 'n ruim beloning is vir hulle inspanning. Ja, as hulle val, kan die een sy maat ophelp; maar wee die een wat val sonder dat daar 'n tweede is om hom op te help! Ook as twee by mekaar lê, kry hulle warm; maar as daar net een is, hoe kan hy warm word? As iemand die een wil oorweldig – twee kan teen hom standhou. 'n Driedubbele koord word nie maklik gebreek nie. 'n Arm, maar wyse jong man is beter as 'n ou, maar dwase koning wat nie meer weet om op 'n waarskuwing ag te slaan nie
PREDIKER 4:8-13 Contemporary Afrikaans Bible 2023 (CAB23)
Daar is een alleen, en daar is nie 'n tweede nie; ja, hy het geen kind of broer nie; tog is daar geen einde aan al sy arbeid nie; en sy oog word nie versadig van rykdom nie; en hy sê nie: Vir wie arbei ek my en beroof ek my siel van die goeie? Dit is ook nietigheid, ja, dit is 'n seer moeite. Twee is beter as een; want hulle het 'n goeie beloning vir hul arbeid. Want as hulle val, sal die een sy maat optel; maar wee hom wat alleen is as hy val; want hy het geen ander om hom op te help nie. Weereens, as twee saam lê, dan het hulle hitte; maar hoe kan 'n mens alleen warm wees? En as een hom oorwin, sal twee hom teëstaan; en 'n drievoudige tou word nie gou gebreek nie. Beter is 'n arm en wyse kind as 'n ou en dwase koning, wat nie meer vermaan sal word nie.
PREDIKER 4:8-13 Die Boodskap (DB)
En dit is ’n man wat ongetroud is en geen seun of broer het nie. Elke dag werk hy hard. Alles wat hy sien, koop hy vir homself. Vir wie sloof hy hom nou af? Wie gaan alles geniet wat hy bymekaarmaak? Die lewe is sinloos, absoluut sinloos. Twee is beter as een, want twee mense kan meer regkry as net een. As die een val, kan die ander een hom ophelp. Dit is sleg as die een val en daar is niemand om hom te help nie. ’n Mens kan homself nie warm maak nie, maar as twee saamlê, hou hulle mekaar warm. Een word maklik oorwin, maar twee kan ’n aanval keer. Om nie eens van drie te praat nie. ’n Driedubbele tou breek tog nie maklik nie. Dit is goed as ’n jong, intelligente man oor die land regeer. Al kom hy uit ’n arm familie en al was hy in die tronk
PREDIKER 4:8-13 Nuwe Lewende Vertaling (NLV)
Daar is iemand wat heeltemal alleen is, boonop sonder seun of broer. Tog is daar geen einde aan al sy moeite nie en word sy oë nie versadig met rykdom nie. Hy moet later sê: “Vir wat werk ek so hard en ontsê ek my alle plesier?” Dit alles is sinloos en ’n slegte taak. Twee is beter as een. Saam bereik hulle meer in hulle werk. As een mens val, kan sy vriend hom ophelp. Maar as een val wat alleen is, is daar niemand om hom op te help nie. As twee langs mekaar slaap, word hulle warm. Maar hoe kan een wat alleen is, warm word? Iemand kan die een aanval, maar die twee kan weerstand bied. ’n Driedubbele tou breek nie maklik nie. Dis beter om ’n jongmens te wees wat arm en verstandig is, as om ’n koning te wees wat oud en dwaas is en van niemand raad aanvaar nie.