PREDIKER 12:5-7
PREDIKER 12:5-7 Bybel vir almal (ABA)
Daar sal dae kom wanneer jy bang is vir hoë plekke en vir dinge wat in jou pad is. Daar sal 'n tyd kom wanneer jou hare wit is soos die blomme van 'n amandelboom, 'n tyd wanneer jy sukkel om te loop, en daar niks is wat help om jou lus te maak vir seks nie, 'n tyd wanneer jy sterf, en wanneer die mense wat oor jou moet rou, op die strate bymekaarkom. Jy moet aan God dink vóór daardie dag wanneer die silwer tou breek waarmee jy water uit die put opgetrek het en die goue bak stukkend breek waarin jy die water gegooi het, vóór daardie dag wanneer die waterkruik by die fontein stukkend is, en ook die wen-as bokant die watergat. Dit is die tyd wanneer jy sterf en jou stof teruggaan na die aarde, en wanneer jou asem teruggaan na God wat die asem gegee het.
PREDIKER 12:5-7 Afrikaans 1933/1953 (AFR53)
Ook sal hy bang wees vir 'n hoogte, en verskriklike dinge sal op die pad wees! En die amandelboom sal in bloei staan, en die sprinkaan sal homself met moeite voortsleep, en die kapperkruid nutteloos wees; want die mens gaan na sy ewige huis, en die rouklaers sal op die straat rondgaan. Voordat die silwerdraad verwyder word en die goue oliekruik stukkend val en die kruik by die fontein gebreek word en die wiel stukkend in die put val en die stof na die aarde terugkeer soos dit gewees het, en die gees na God terugkeer wat dit gegee het.
PREDIKER 12:5-7 Afrikaans 1983 (AFR83)
Dit is die tyd wanneer hy bang is vir 'n hoogte en vir alles op die pad skrik, die tyd wanneer die amandelboom in bloei staan, die sprinkaan homself moeisaam voortsleep en die kapperkruid nutteloos word, die tyd wanneer die mens na sy ewige woning gaan en dié wat treur, op die straat rondgaan, die tyd wanneer die silwerdraad afgebreek word en die goue kruik breek, die kruik by die fontein stukkend breek en die wiel by die put stukkend val, die tyd wanneer die stof na die aarde toe terugkeer soos dit was, en die gees na God terugkeer wat dit gegee het.
PREDIKER 12:5-7 Die Bybel 2020-vertaling (AFR20)
wanneer daar selfs vir 'n hoogte gevrees word en daar verskrikking op die pad is; terwyl amandelbome bloei, koringkrieke hulleself voortsleep en kappertjies oopbreek, wanneer die mens op pad is na sy ewige huis, en die rouklaers in die straat rondgaan; voordat die silwerkoord verwyder word, die goue bak stukkend val, die kruik langs die waterbron gebreek word, die skepwiel stukkend val in die put, die stof na die aarde terugkeer soos dit was, en die lewensasem na God terugkeer wat dit gegee het.
PREDIKER 12:5-7 Contemporary Afrikaans Bible 2023 (CAB23)
Ook wanneer hulle bang is vir die hoë, en vrese sal op die pad wees, en die amandelboom sal floreer, en die sprinkaan sal 'n las wees, en begeerte sal ophou; want die mens gaan na sy lang huis, en die rouklaers gaan deur die strate: Of ooit word die silwer tou losgemaak, of die goue bak gebreek, of die kruik by die fontein gebreek, of die wiel by die put gebreek. Dan sal die stof na die aarde terugkeer soos dit was, en die gees sal terugkeer na God wat dit gegee het.
PREDIKER 12:5-7 Die Boodskap (DB)
Dit is wanneer jy vir steil opdraandes en baie ander dinge bang word omdat jy te swak geword het. En terwyl die amandelboom bloei, die sprinkaan hom vol eet en die kapperkruid blom, sterf die mens. In die strate sal hulle die doodsberig vertel. Dan sal hulle saamkom om hom te begrawe. Dit is soos ’n silwertou wat afbreek by ’n put, soos die goue skepemmer wat breek, soos die drinkbeker wat stukkend breek en soos die wiel wat by die put inval. Dan word die mens weer stof soos vroeër, en sy lewensasem gaan terug na God toe waar dit vandaan gekom het.
PREDIKER 12:5-7 Nuwe Lewende Vertaling (NLV)
Dit is die tyd wanneer hy bang is vir ’n hoogte en vir alles op die pad skrik, die tyd wanneer die amandelboom in bloei staan, die sprinkaan homself moeisaam voortsleep. Dis die tyd wanneer ’n mens se begeertes nie meer opgewek kan word nie. Dis die tyd wanneer die mens na sy ewige woning gaan, en dié wat treur op die straat rondgaan. Dis die tyd wanneer die silwer draad van jou lewe afgebreek word en die goue kruik versplinter, die kruik by die fontein stukkend breek en die wiel by die put stukkend val. Dan sal die stof teruggaan na die aarde toe soos dit was en die gees terugkeer na God wat dit gegee het.