DEUTERONOMIUM 9:9-11
DEUTERONOMIUM 9:9-11 Nuwe Lewende Vertaling (NLV)
Dit was toe ek op die berg was om die plat klippe te ontvang waarop die HERE die verbond geskryf het wat Hy met julle gesluit het. Ek was 40 dae en nagte daar sonder om iets te eet of te drink. Die HERE het vir my die twee kliptafels gegee wat Hy met sy eie vinger geskryf het. Daarop was alles geskryf wat Hy vir julle uit die vuur gesê het die dag toe julle by die berg bymekaar was. “Aan die einde van die 40 dae en nagte het die HERE aan my die twee kliptafels gegee waarop die verbond geskryf was.
DEUTERONOMIUM 9:9-11 Bybel vir almal (ABA)
Ek het teen die berg opgegaan om die plat klippe te kry, die klippe waarop die Here die verbond geskryf het wat Hy met julle gemaak het. Ek het 40 dae en 40 nagte lank op die berg gebly, en ek het niks geëet of gedrink nie. Die Here het die twee plat klippe vir my gegee. Die vinger van God het alles op die klippe geskryf, alles wat die Here vir julle op die berg uit die vuur gesê het toe julle daar bymekaar was. Ná die 40 dae en 40 nagte het die Here die twee plat klippe vir my gegee, die klippe waarop Hy die verbond geskryf het.
DEUTERONOMIUM 9:9-11 Afrikaans 1933/1953 (AFR53)
Toe ek op die berg geklim het om die kliptafels te ontvang, die tafels van die verbond wat die HERE met julle gesluit het, het ek veertig dae en veertig nagte lank op die berg gebly — brood het ek nie geëet en water nie gedrink nie — en die HERE het my die twee kliptafels gegee wat beskrywe was met die vinger van God, en daarop al die woorde soos die HERE op die berg, uit die vuur, met julle gespreek het, op die dag van die vergadering. En aan die einde van veertig dae en veertig nagte het die HERE my die twee kliptafels gegee, die tafels van die verbond
DEUTERONOMIUM 9:9-11 Afrikaans 1983 (AFR83)
Ek het teen die berg uitgeklim om die plat klippe te gaan ontvang, die plat klippe waarop die Here die bepalings van sy verbond met julle geskryf het. Ek het veertig dae en veertig nagte lank daar gebly en niks geëet of gedrink nie. Die Here het vir my die twee plat klippe gegee waarop met sy eie vinger al die woorde geskryf was wat Hy op die berg uit die vuur uit met julle gepraat het, die dag met die vergadering. Dit was aan die einde van die veertig dae en die veertig nagte dat die Here die twee plat klippe, die plat klippe met die verbondsbepalings daarop, vir my gegee het.
DEUTERONOMIUM 9:9-11 Die Bybel 2020-vertaling (AFR20)
Toe ek teen die berg opgegaan het om die kliptafels te ontvang, die tafels met die verbond wat die HERE met julle gesluit het, het ek veertig dae en nagte lank op die berg gebly sonder om brood te eet of water te drink. Die HERE het vir my die twee kliptafels gegee, gegraveer met die vinger van God. Daarop was al die woorde soos die HERE dit vir julle op die berg op die dag van die byeenkoms uit die vuur gesê het. Toe die HERE aan die einde van veertig dae en nagte vir my die twee kliptafels gegee het, die tafels met die verbond daarop
DEUTERONOMIUM 9:9-11 Contemporary Afrikaans Bible 2023 (CAB23)
Toe ek op die berg geklim het om die kliptafels te ontvang, die tafels van die verbond wat die HERE met julle gesluit het, het ek veertig dae en veertig nagte op die berg gebly, en ek het nie brood geëet en geen water gedrink nie. En die HERE het aan my twee kliptafels gegee wat met die vinger van God beskrywe is; en daarop was geskrywe volgens al die woorde wat die HERE met julle gespreek het op die berg uit die vuur op die dag van die vergadering. En aan die einde van veertig dae en veertig nagte het die HERE aan my die twee kliptafels gegee, naamlik die tafels van die verbond.
DEUTERONOMIUM 9:9-11 Die Boodskap (DB)
Dit was toe ek die berg op was dat julle iets verskrikliks gedoen het. Ek is teen die berg op om die klippe waarop die Here as’t ware self sy wil vir ons geskryf het te gaan haal. Veertig dae en nagte lank was ek bo-op die berg. In daardie tyd het ek niks geëet of gedrink nie. Die Here het my die twee plat klippe gegee waarop Hy as’t ware in sy eie handskrif vir ons sy wil neergeskryf het. Dit was presies dieselfde as wat Hy vroeër vir ons uit die vuur gesê het. “Na 40 dae en nagte het die Here my toe die klippe gegee en gesê
DEUTERONOMIUM 9:9-11 Nuwe Lewende Vertaling (NLV)
Dit was toe ek op die berg was om die plat klippe te ontvang waarop die HERE die verbond geskryf het wat Hy met julle gesluit het. Ek was 40 dae en nagte daar sonder om iets te eet of te drink. Die HERE het vir my die twee kliptafels gegee wat Hy met sy eie vinger geskryf het. Daarop was alles geskryf wat Hy vir julle uit die vuur gesê het die dag toe julle by die berg bymekaar was. “Aan die einde van die 40 dae en nagte het die HERE aan my die twee kliptafels gegee waarop die verbond geskryf was.