DEUTERONOMIUM 7:1
DEUTERONOMIUM 7:1 Bybel vir almal (ABA)
Moses het gesê: “Julle God die Here sal julle bring na die land waarnatoe julle gaan om dit vir julleself te vat. Hy sal baie volke wegjaag om plek te maak vir julle, sewe volke wat meer is as julle en wat sterker is. Dit is die Hetiete, Girgasiete, Amoriete, Kanaäniete, Feresiete, Hewiete en Jebusiete.
DEUTERONOMIUM 7:1 Afrikaans 1933/1953 (AFR53)
AS die HERE jou God jou inbring in die land waarheen jy gaan om dit in besit te neem, en Hy baie nasies voor jou uit verjaag: die Hetiete, Girgasiete, Amoriete, Kanaäniete, Feresiete, Hewiete en Jebusiete, sewe nasies, meer en magtiger as jy
DEUTERONOMIUM 7:1 Afrikaans 1983 (AFR83)
“Die Here jou God sal jou bring in die land waarheen jy op pad is en wat jy in besit sal neem. Hy sal baie nasies voor jou uit verdryf: Hetiete, Girgasiete, Amoriete, Kanaäniete, Feresiete, Hewiete en Jebusiete. Wanneer die Here jou God hierdie sewe nasies wat groter en sterker is as jy
DEUTERONOMIUM 7:1 Die Bybel 2020-vertaling (AFR20)
“ Wanneer die HERE jou God jou in die land bring waarheen jy op pad is om dit in besit te neem, en Hy baie nasies voor jou uitdryf, sewe nasies wat groter en magtiger is as jy – die Hetiete, Girgasiete, Amoriete, Kanaäniete, Feresiete, Hewiete en Jebusiete
DEUTERONOMIUM 7:1 Contemporary Afrikaans Bible 2023 (CAB23)
Wanneer die HERE jou God jou inbring in die land waarheen jy gaan om dit in besit te neem en baie nasies voor jou uit verdryf het, die Hetiete en die Girgasiete en die Amoriete en die Kanaäniete en die Feresiete en die Hewiete, en die Jebusiete, sewe nasies groter en magtiger as jy
DEUTERONOMIUM 7:1 Die Boodskap (DB)
“Wanneer die Here jou God jou in die land bring waarheen jy nou op pad is, sal Hy die Hetiete, Girgasiete, Amoriete, Kanaäniete, Feresiete, Hewiete en Jebusiete voor jou wegjaag.
DEUTERONOMIUM 7:1 Nuwe Lewende Vertaling (NLV)
“Wanneer die HERE jou God jou inbring in die land waarheen jy op pad is om dit in besit te gaan neem, sal Hy baie nasies voor jou verdryf: die Hetiete, Girgasiete, Amoriete, Kanaäniete, Feresiete, Hewiete en Jebusiete. Hierdie sewe nasies is almal sterker as jy.