DEUTERONOMIUM 6:4-5
DEUTERONOMIUM 6:4-5 Bybel vir almal (ABA)
“Israeliete, julle moet luister, ons God die Here is een Here. Daar is nie nog so 'n Here nie. En julle moet lief wees vir die Here, julle moet lief wees vir Hom met julle hele hart, met al julle krag.
DEUTERONOMIUM 6:4-5 Afrikaans 1933/1953 (AFR53)
Hoor, Israel, die HERE onse God is 'n enige HERE. Daarom moet jy die HERE jou God liefhê met jou hele hart en met jou hele siel en met al jou krag.
DEUTERONOMIUM 6:4-5 Afrikaans 1983 (AFR83)
“Luister, Israel, die Here is ons God, Hy is die enigste Here. Daarom moet jy die Here jou God liefhê met hart en siel, met al jou krag.
DEUTERONOMIUM 6:4-5 Die Bybel 2020-vertaling (AFR20)
“ LUISTER, ISRAEL, DIE HERE IS ONS GOD, DIE HERE ALLEEN. Jy moet die HERE jou God met hart en siel liefhê en met al jou krag.
DEUTERONOMIUM 6:4-5 Contemporary Afrikaans Bible 2023 (CAB23)
Hoor, Israel, die HERE onse God is een HERE. En jy moet die HERE jou God liefhê met jou hele hart en met jou hele siel en met al jou krag.
DEUTERONOMIUM 6:4-5 Die Boodskap (DB)
“Israel, onthou altyd dat die Here en net die Here alleen ons God is. Jy moet die Here jou God met alles binne-in jou, ja, met jou hele wese liefhê.