DEUTERONOMIUM 4:40
DEUTERONOMIUM 4:40 Bybel vir almal (ABA)
En julle moet doen wat God se wette sê, die wette wat ek vandag vir julle gee en wat goed sal wees vir julle en vir julle kinders. Dan sal julle lank bly woon in die land wat julle God die Here vir julle gee, vir altyd.”
DEUTERONOMIUM 4:40 Afrikaans 1933/1953 (AFR53)
En jy moet sy insettinge en sy gebooie hou wat ek jou vandag beveel, dat dit met jou en jou kinders ná jou goed mag gaan, en dat jy die dae mag verleng in die land wat die HERE jou God jou vir altyd sal gee.
DEUTERONOMIUM 4:40 Afrikaans 1983 (AFR83)
Gehoorsaam sy voorskrifte en sy gebooie wat ek julle vandag beveel, sodat dit goed kan gaan met julle en julle nageslag en julle lank kan woon in die land wat die Here julle God vir altyd aan julle wil gee.”
DEUTERONOMIUM 4:40 Die Bybel 2020-vertaling (AFR20)
Kom daarom altyd sy vaste voorskrifte en gebooie na wat ek vandag vir julle voorskryf, sodat dit met julle en julle kinders ná julle goed kan gaan, en sodat julle 'n lang lewe kan hê op die grond wat die HERE julle God vir altyd vir julle gaan gee.”
DEUTERONOMIUM 4:40 Contemporary Afrikaans Bible 2023 (CAB23)
Onderhou dan sy insettinge en sy gebooie wat ek jou vandag beveel, dat dit met jou en jou kinders ná jou goed kan gaan, en dat jy jou dae op die aarde kan verleng wat die HERE jou God gee jou, vir altyd.