DEUTERONOMIUM 32:10-11
DEUTERONOMIUM 32:10-11 Bybel vir almal (ABA)
Die Here het sy volk in die woestyn gekry, in 'n wilde wêreld waar niemand woon nie. Hy beskerm sy volk en Hy sorg vir hulle, Hy pas hulle op soos 'n mens sy oog oppas. 'n Arend stoot sy kleintjies uit die nes en hy vlieg bokant hulle, hy maak sy vlerke oop en vang die kleintjies en dra hulle op sy vlerke.
DEUTERONOMIUM 32:10-11 Afrikaans 1933/1953 (AFR53)
Hy het hom gevind in 'n woestynland en in 'n woeste wêreld, vol gehuil van die wildernis; Hy het hom omring, op hom ag gegee, hom bewaak soos sy oogappel. Soos 'n arend sy nes opwek, oor sy kleintjies sweef, sy vlerke uitsprei, hulle opneem, hulle dra op sy vleuels
DEUTERONOMIUM 32:10-11 Afrikaans 1983 (AFR83)
Hy het sy volk in die woestyn gevind, in 'n onbewoonbare land waar woestyndiere skreeu. Die Here het sy volk omhels, hom vertroetel en versorg soos die appel van sy oog. Soos 'n arend wat sy kleintjies uit die nes uitskop, oor hulle fladder en hulle vang op sy vlerke wat hy oopsprei, soos 'n arend wat sy kuikens op sy vlerke dra
DEUTERONOMIUM 32:10-11 Die Bybel 2020-vertaling (AFR20)
Hy het sy volk in 'n woestynland gevind, in 'n onherbergsame streek met die wildernis se gehuil. Hy het hom omring, hom versorg, hom beskerm soos die appel van sy oog. Soos 'n arend sy neskuiken aanspoor, bo sy jong kuiken fladder, sy vlerke oopsprei en hom vang, hom op sy penvere dra
DEUTERONOMIUM 32:10-11 Contemporary Afrikaans Bible 2023 (CAB23)
Hy het hom gevind in 'n woestynland en in die woeste huilende woestyn; hy het hom rondgelei, hy het hom opdrag gegee, hy het hom soos 'n oogappel bewaar. Soos 'n arend sy nes opwek, oor sy kleintjies fladder, sy vlerke uitsprei, hulle neem, hulle op sy vlerke dra
DEUTERONOMIUM 32:10-11 Die Boodskap (DB)
“Die Here het Israel in ’n woestyn gaan haal. Daar was niks in die woestyn om van te leef nie. Daar het Hy hierdie volk gered. Hy het hulle met sy liefde toegemaak en hulle beskerm. Hy het oor Israel wag gehou asof Israel sy kosbaarste skat en besitting is. Hy het hulle opgepas en gelei op die beste pad. “’n Arend skop op ’n dag haar kleintjies wat te groot geword het, uit die nes uit. Hulle moet op hulle eie begin kos soek en hulle eie nes skrop. Maar wanneer sy hulle uitskop, vlieg sy onder hulle in sodat sy haar kuikens eers op haar vlerke dra. Sy doen dit totdat hulle self kan vlieg, en genoeg selfvertroue het om oor die weg te kom.
DEUTERONOMIUM 32:10-11 Nuwe Lewende Vertaling (NLV)
“Hy het hulle gevind in ’n woestyn, ’n leë land vol onaardse geluide. Hy het hulle omarm en hulle opgepas. Hy het hulle beskerm as sy kosbaarste besitting. Soos ’n arend haar kuikens grootmaak en bo-oor hulle sweef, so sprei Hy sy vlerke en vang en dra hulle op sy vlerke.