DEUTERONOMIUM 31:13
DEUTERONOMIUM 31:13 Bybel vir almal (ABA)
Hulle kinders wat nie die wette ken nie, moet dit hoor en hulle moet leer om julle God die Here altyd te eer, so lank soos julle sal lewe in die land oorkant die Jordaan-rivier, die land waarnatoe julle gaan om dit vir julleself te vat.”
DEUTERONOMIUM 31:13 Afrikaans 1933/1953 (AFR53)
En hulle kinders wat dit nie ken nie, moet hoor en leer om die HERE julle God te vrees al die dae wat julle lewe in die land waarheen julle deur die Jordaan trek om dit in besit te neem.
DEUTERONOMIUM 31:13 Afrikaans 1983 (AFR83)
So sal hulle kinders wat nie hierdie wet ken nie, dit kan hoor en leer en sal hulle die Here julle God kan dien so lank as julle lewe in die land waarheen julle deur die Jordaan trek om dit in besit te gaan neem.”
DEUTERONOMIUM 31:13 Die Bybel 2020-vertaling (AFR20)
En hulle kinders wat dit nie ken nie, moet dit hoor, en leer om vir die HERE julle God ontsag te hê so lank as julle leef op die grond waarheen julle oor die Jordaan trek om dit in besit te neem.”
DEUTERONOMIUM 31:13 Contemporary Afrikaans Bible 2023 (CAB23)
En dat hulle kinders, wat niks geweet het nie, kan hoor en leer om die HERE julle God te vrees, solank julle in die land woon waarheen julle deur die Jordaan trek om dit in besit te neem.
DEUTERONOMIUM 31:13 Die Boodskap (DB)
Julle moet dit gereeld elke sewe jaar doen sodat julle kinders ook kan hoor wat die Here van hulle vra. Hulle het mos nog nie gehoor wat die Here van hulle verwag nie. Hulle moet leer om respek vir die Here hulle God te hê en te doen wat Hy van hulle vra. Julle moet dit altyd doen, so lank as wat julle in die land bly wat julle nou ingaan as julle oor die Jordaan trek.”