DEUTERONOMIUM 3:24
DEUTERONOMIUM 3:24 Die Boodskap (DB)
‘Here, oor baie jare het U vir my u grootheid en krag laat sien. En dit was nog maar net die begin van wat U gaan doen. Geen god in die hemel of op die aarde kan sulke dinge doen nie.
DEUTERONOMIUM 3:24 Bybel vir almal (ABA)
‘Here, my Here, U het begin om my te laat sien hoe groot en sterk U is. Daar is nie 'n ander God in die hemel of op die aarde wat die groot dinge kan doen wat U doen nie.
DEUTERONOMIUM 3:24 Afrikaans 1933/1953 (AFR53)
Here, HERE! Ú het begin om u kneg u grootheid en u sterke hand te laat sien; want watter God is daar in die hemel en op die aarde wat sulke werke en sulke magtige dade kan doen soos U?
DEUTERONOMIUM 3:24 Afrikaans 1983 (AFR83)
‘Here my God, U het begin om my u grootheid en u groot mag te laat ondervind. Watter god is daar, in die hemel of op die aarde, wat u magtige dade kan nadoen?
DEUTERONOMIUM 3:24 Die Bybel 2020-vertaling (AFR20)
‘ HERE, my Heer, U het pas begin om aan u dienskneg u grootheid en sterk hand te toon; want watter god is daar in die hemel of op die aarde wat u werke en u magtige dade kan nadoen?
DEUTERONOMIUM 3:24 Contemporary Afrikaans Bible 2023 (CAB23)
O HERE HERE, U het begin om u kneg u grootheid en u magtige hand te toon; want watter God is daar in die hemel of op die aarde wat kan doen volgens u werke en volgens u krag?