DEUTERONOMIUM 23:23
DEUTERONOMIUM 23:23 Die Boodskap (DB)
Maar as jy uit jou eie so ’n belofte aan die Here gemaak het, sal jy wys wees as jy nougeset alles doen wat jy beloof het. Jy het immers ’n belofte aan die Here jou God gemaak.
DEUTERONOMIUM 23:23 Bybel vir almal (ABA)
Jy moet doen wat jy gesê het, jy het self besluit om 'n gelofte aan die Here te maak en jy het dit self gesê.”
DEUTERONOMIUM 23:23 Afrikaans 1933/1953 (AFR53)
Wat oor jou lippe gaan, moet jy hou en doen soos jy aan die HERE jou God vrywillig beloof het — wat jy met jou mond gespreek het.
DEUTERONOMIUM 23:23 Afrikaans 1983 (AFR83)
maar as jy vrywillig 'n gelofte teenoor die Here jou God aflê, moet jy versigtig wees met wat jy sê en moet jy die gelofte nakom.
DEUTERONOMIUM 23:23 Die Bybel 2020-vertaling (AFR20)
Maar wat oor jou lippe kom, moet jy nakom; jy moet doen soos jy aan die HERE jou God beloof het. Dit was uit vrye wil dat jy die gelofte met jou eie mond uitgespreek het.