DEUTERONOMIUM 20:2-4
DEUTERONOMIUM 20:2-4 Bybel vir almal (ABA)
Wanneer julle gereedstaan om oorlog te maak, dan moet die priester nader kom en hy moet praat met julle manne. Hy moet vir die manne sê: ‘Israeliete, julle moet luister! Julle staan nou gereed om oorlog te maak teen julle vyande. Julle moenie moedeloos en bang word nie. Julle moenie skrik en bewe vir hulle nie, want dit is julle God die Here wat saam met julle gaan om julle te help om oorlog te maak teen julle vyande. Hy sal julle laat wen.’
DEUTERONOMIUM 20:2-4 Afrikaans 1933/1953 (AFR53)
En as julle na die geveg kom, moet die priester nader kom en die volk toespreek; en hy moet aan hulle sê: Hoor, Israel, julle trek vandag nader om te veg teen julle vyande; laat julle hart nie week word nie, wees nie bevrees en beangs en word nie verskrik vir hulle nie; want dit is die HERE julle God wat saam met julle trek om vir julle te stry teen julle vyande, om aan julle die oorwinning te gee.
DEUTERONOMIUM 20:2-4 Afrikaans 1983 (AFR83)
Wanneer jy gereed staan om te veg, moet die priester nader kom en die volk toespreek. Hy moet vir hulle sê: ‘Luister, Israel! Julle staan nou gereed om teen julle vyande te veg. Moenie bewe nie, moenie bang wees nie, moenie vreesbevange word nie, moenie vir hulle skrik nie. Die Here julle God gaan saam met julle om vir julle teen julle vyande te veg, om julle die oorwinning te laat behaal.’
DEUTERONOMIUM 20:2-4 Die Bybel 2020-vertaling (AFR20)
Wanneer julle nader beweeg vir die geveg, moet 'n priester na vore tree en die manskappe toespreek. Hy moet vir hulle sê, ‘Luister, Israel, julle gaan vandag betrokke raak in 'n geveg met julle vyande. Moenie lafhartig wees nie; moenie bang wees, haastig omspring of beangs raak oor hulle nie. Dit is immers die HERE julle God wat saam met julle gaan om vir julle teen julle vyande te veg, om julle te laat wen.’
DEUTERONOMIUM 20:2-4 Contemporary Afrikaans Bible 2023 (CAB23)
En as julle naby die geveg kom, moet die priester nader kom en met die volk spreek: En sal vir hulle sê: Hoor, o Israel, julle nader vandag om teen julle vyande te veg; laat julle harte nie beswyk nie, bevrees nie en bewe nie, en wees nie verskrik oor hulle nie; Want die HERE jou God is Hy wat saam met jou gaan om vir jou te veg teen jou vyande, om jou te red.
DEUTERONOMIUM 20:2-4 Die Boodskap (DB)
“Voor jy gaan veg, moet die man wat in my huis werk eers voor die soldate gaan staan. Hy moet dan die soldate moed inpraat. Hy moet sê: ‘Luister na my, Israeliete! Julle staan op die punt om teen ’n vyand te gaan veg. Moenie bang wees nie. Moenie paniekbevange rondkyk wie julle sal help nie. Moenie vir julle vyand skrik nie. Die Here julle God gaan saam met julle! Hy is tussen julle. Hy sal vir julle teen julle vyande baklei. Hy sal vir julle die oorwinning gee.’
DEUTERONOMIUM 20:2-4 Nuwe Lewende Vertaling (NLV)
Voordat jy ’n geveg begin, moet ’n priester kom om met die troepe te praat. Hy sal sê: ‘Luister na my, manskappe van Israel! Moenie bang wees as julle vandag uittrek om te gaan veg nie! Moenie bang of verskrik wees nie, want die HERE julle God gaan saam met julle! Hy sal vir julle teen julle vyande veg en Hy sal aan julle die oorwinning gee!’