DEUTERONOMIUM 14:23
DEUTERONOMIUM 14:23 Bybel vir almal (ABA)
Dan moet julle dit eet op die plek wat julle God die Here sal kies om self daar te woon, daar waar Hy is. Julle moet die tiende van julle koring en julle wyn en julle olyf-olie daar eet, en ook die vleis van die eerste kalwers en lammers, sodat julle kan leer om julle God die Here altyd te eer.
DEUTERONOMIUM 14:23 Afrikaans 1933/1953 (AFR53)
En jy moet voor die aangesig van die HERE jou God op die plek wat Hy sal uitkies om sy Naam daar te laat woon, die tiendes eet van jou koring, van jou mos en van jou olie en die eersgeborenes van jou beeste en van jou kleinvee, dat jy kan leer om die HERE jou God altyd te vrees.
DEUTERONOMIUM 14:23 Afrikaans 1983 (AFR83)
jy moet dit in die teenwoordigheid van die Here jou God eet op die plek wat Hy sal kies om sy Naam daar te laat woon. Jy moet die tiende opsy sit van jou koring, jou wyn en jou olie en dan ook nog die eerstelinge van jou grootvee en jou kleinvee, sodat jy kan leer om die Here jou God altyddeur te eer.
DEUTERONOMIUM 14:23 Die Bybel 2020-vertaling (AFR20)
Jy moet 'n tiende van jou koring, •nuwe wyn en olie, sowel as die eersgeborenes van jou beeste en kleinvee, in die teenwoordigheid van die HERE jou God eet op die plek wat Hy sal kies om sy Naam daar te vestig, sodat jy kan leer om altyd ontsag te hê vir die HERE jou God.
DEUTERONOMIUM 14:23 Contemporary Afrikaans Bible 2023 (CAB23)
En jy moet voor die aangesig van die HERE jou God op die plek wat Hy sal uitkies om sy Naam daar te vestig, eet die tiende van jou koring, van jou wyn en van jou olie en die eersgeborenes van jou beeste en van jou kleinvee; sodat jy kan leer om die HERE jou God altyddeur te vrees.
DEUTERONOMIUM 14:23 Die Boodskap (DB)
Dan moet jy dit na die plek toe neem wat die Here nog sal kies. Daar moet jy die tiende van jou koring, mos en olie, asook die eerstelinge van jou beeste en skape, in die Here se teenwoordigheid neersit en ’n deel daarvan eet. So sal jy leer om die Here altyd lief te hê.
DEUTERONOMIUM 14:23 Nuwe Lewende Vertaling (NLV)
Bring die tiende na die plek wat die HERE jou God kies om sy Naam te eer en eet dit daar in sy teenwoordigheid. Hierdie reëling geld vir die tiendes van jou graan, wyn, olyfolie en die manlike eersgeborenes uit jou grootvee en kleinvee. Die doel van die tiendes is om jou te leer om altyd die HERE jou God te eer.