DEUTERONOMIUM 10:18
DEUTERONOMIUM 10:18 Bybel vir almal (ABA)
Hy doen reg aan weeskinders en weduwees en Hy is lief vir vreemdelinge, Hy gee vir hulle kos en klere.
DEUTERONOMIUM 10:18 Afrikaans 1933/1953 (AFR53)
wat reg verskaf aan die wees en die weduwee, en die vreemdeling liefhet, sodat Hy hom brood en klere gee.
DEUTERONOMIUM 10:18 Afrikaans 1983 (AFR83)
“Hy laat reg geskied aan die weeskind en die weduwee. Hy het die vreemdeling lief en gee vir hom kos en klere.
DEUTERONOMIUM 10:18 Die Bybel 2020-vertaling (AFR20)
wat vaderloses en weduwees se regte handhaaf en aan •vreemdelinge liefde betoon deur aan hulle kos en klere te gee.
DEUTERONOMIUM 10:18 Contemporary Afrikaans Bible 2023 (CAB23)
Hy voltrek die oordeel van die wees en die weduwee, en hy het die vreemdeling lief deur aan hom voedsel en klere te gee.