DANIËL 9:24-27
DANIËL 9:24-27 Bybel vir almal (ABA)
God het besluit dat jou volk en die mense van jou stad, die gewyde stad, 70 jaar lank swaar moet kry, want hulle wou nie na God luister nie. In hierdie 70 jaar sal God hulle straf, en dan sal Hy hulle sonde vergewe. Dan sal hulle altyd reg doen aan mekaar. Die dinge wat die profete gesien het en wat hulle gesê het, sal gebeur. Die mense sal die tempel weer bou en hulle sal dit wy. “Daniël, jy moet nou goed verstaan: God het gesê die mense moet terugkom en hulle moet Jerusalem weer bou, maar sewe jaar moet eers verbygaan, dan sal die gesalfde kom, die man wat moet regeer. Die mense sal die stad bou en hulle sal ook die strate maak en slote rondom die stad grawe om die vyande te keer. Die stad se mure sal 62 jaar lank regop staan, maar almal sal daardie tyd baie swaar kry. Wanneer die 62 jaar verby is, dan sal iemand die gesalfde doodmaak, en daar sal niemand wees om ná hom te regeer nie. “'n Ander koning se mense sal kom en hulle sal die stad en die tempel verwoes. Die mense sal soos 'n watervloed wees wat oor die stad vloei. Die oorlog sal aanhou totdat die vyande alles verwoes het. God het besluit dit moet gebeur. Die nuwe koning sal 'n ooreenkoms maak met baie mense. Die ooreenkoms sal wees vir een jaar, maar in die middel van die jaar sal hy sê die priesters mag nie meer offers en presente na die tempel bring nie. Hy sal iets in die tempel sit wat vir God baie kwaad sal maak en wat alles sal verwoes. Maar God het besluit Hy sal die koning wat dit gedoen het, baie swaar straf wanneer dit die regte tyd is.”
DANIËL 9:24-27 Afrikaans 1933/1953 (AFR53)
Sewentig sewetalle is oor jou volk en jou heilige stad bepaal, om die goddeloosheid te voleindig en om die maat van die sondes vol te maak en om die ongeregtigheid te versoen en om ewige geregtigheid aan te bring en om gesig en profeet te beseël en om wat hoogheilig is, te salf. Nou moet jy weet en verstaan: van die uitgang van die woord af om Jerusalem te herstel en op te bou tot op 'n Gesalfde, 'n Vors, is sewe sewetalle; en twee-en-sestig sewetalle lank sal dit herstel en opgebou word, met pleine en slote, maar in tye van benoudheid. En ná die twee-en-sestig sewetalle sal 'n Gesalfde uitgeroei word, maar sonder iets vir Hom; en die volk van 'n vors wat sal kom, sal die stad en die heiligdom verwoes, maar sy einde sal met 'n oorstroming wees, en tot die einde toe sal dit oorlog wees, vasbeslote verwoestings. En hy sal een week lank met baie 'n sterk verbond sluit, en gedurende die helfte van die week sal hy slagoffer en spysoffer laat ophou; en op die vleuel van gruwels sal daar 'n verwoester wees, en wel tot aan die einde; en wat vas besluit is, sal oor wat woes is, uitgestort word.
DANIËL 9:24-27 Afrikaans 1983 (AFR83)
Daar is sewentig tydperke vir jou volk en vir jou heilige stad vasgestel. In dié tyd sal daar aan die goddeloosheid en die sondes 'n einde gemaak word en sal daar versoening gedoen word vir die oortredinge. Dit is die tyd waarin 'n blywende geregtigheid tot stand gebring sal word, waarin die profesie en die visioen tot vervulling sal kom en die tempel heringewy sal word. Jy moet nou goed verstaan, vandat die opdrag gegee is dat Jerusalem herstel en herbou moet word, totdat 'n regeerder kom wat deur God uitverkies is, sal sewe tydperke wees. Twee en sestig tydperke lank sal Jerusalem opgebou bly, met strate en verdedigingslote, maar dit sal moeilike tye wees. Aan die einde van die twee en sestig tydperke sal 'n regeerder onskuldig doodgemaak word. Die stad en die heiligdom sal verwoes word deur die volk van 'n ander regeerder wat op die toneel sal verskyn. Die einde sal kom soos 'n oorstroming; daar sal oorlog wees tot die einde toe, rampe soos besluit is. Dié regeerder sal vir een tydperk 'n vaste ooreenkoms aangaan met die vooraanstaandes en teen die helfte van dié tydperk sal hy die diereoffers en die graanoffers afskaf. Hy sal op die een hoek van die tempel 'n ding sit wat 'n gruwel is vir God en wat verwoesting aanrig, en dit sal daar staan tot alles verby is. Dan sal oor dié regeerder wat soveel verwoesting aangerig het, losbars wat oor hom besluit is.”
DANIËL 9:24-27 Die Bybel 2020-vertaling (AFR20)
“ Sewentig weke is bepaal oor jou volk en jou heilige stad: om die daad van opstand tot 'n einde te bring, om sondes die volle maat te laat bereik, om sondeskuld te versoen, en ewige geregtigheid te bring, om visioen en profeet te bekragtig, en om wat besonder heilig is, te salf. “ Jy moet weet en verstaan: Vandat 'n woord uitgegaan het om Jerusalem te herstel en op te bou, tot met die koms van 'n gesalfde, 'n leier, sal sewe weke verloop. Twee-en-sestig weke lank sal die stad weer opgebou word, met pleine en gragte, maar dit sal tye van verdrukking wees. Ná twee-en-sestig weke sal die gesalfde uitgewis word, en daar sal vir hom niks oorbly nie. En wat die stad en die heiligdom betref: Die volk van 'n leier wat kom, sal dit verwoes, maar sy einde sal deur 'n vloed wees. Tot die einde sal daar oorlog wees; verwoesting is vooruitbepaal. En hy sal vir een week 'n bindende ooreenkoms aangaan met die menigtes. In die middel van die week sal hy die slagoffer en •graanoffer laat ophou, en by die vlerk van verfoeilike afgodsbeelde sal daar een wees wat verwoes, totdat finale vernietiging en wat vooruitbepaal is, oor die verwoester losbars.”
DANIËL 9:24-27 Contemporary Afrikaans Bible 2023 (CAB23)
Sewentig weke is vasgestel oor u volk en oor u heilige stad, om die oortreding te voltooi en 'n einde te maak aan sondes en om versoening te doen vir ongeregtigheid en om ewige geregtigheid in te bring, en om die gesig en profesie te verseël, en om die Allerheiligste te salf. Weet dan en verstaan dat van die uitgaan van die gebod om Jerusalem te herstel en te bou tot by die Messias, die Vors, sewe weke en twee en sestig weke sal duur: die straat sal weer gebou word en die muur, selfs in moeilike tye. En ná twee en sestig weke sal die Messias uitgeroei word, maar nie vir homself nie; en die volk van die vors wat kom, sal die stad en die heiligdom verwoes; en die einde daarvan sal wees met 'n vloed, en tot die einde van die oorlog is verwoestings vasgestel. En hy sal die verbond met baie vir een week lank bevestig; en in die middel van die week sal hy die slagoffer en die spysoffer laat ophou, en vir die oorverspreiding van gruwels sal hy dit 'n wildernis maak tot die voleinding en die sal uitgestort word op die eensames.
DANIËL 9:24-27 Die Boodskap (DB)
“Daar is 70 tydperke wat vasgestel is vir jou volk en hulle heilige stad: om ’n einde te maak aan hulle opstandigheid, om te vergeet van hulle mislukkings, om hulle goddeloosheid weg te vee en om God se reg te laat geskied. So sal my woorde en die visioen in vervulling gaan en die tempel weer in God se diens staan. “Let op sodat jy dit reg kan verstaan! Vandat die opdrag gegee word dat Jerusalem herstel moet word totdat die leier wat God self gekies het, op die toneel verskyn, sal daar sewe keer sewe jaar verbygaan. Dit sal sewe maal 62 jaar neem om Jerusalem weer op te bou met strate en veilige mure. Dit gaan moeilike tye wees. Aan die einde van die tydperk sal ’n leier onregverdig doodgemaak word. Die stad en die tempel sal deur ’n ander magtige leier se soldate verwoes word. Dan sal die einde, die oorlog en verwoesting wat God beplan het, soos ’n vloed kom en alles wegspoel. Daardie leier sal ’n ooreenkoms van een maal sewe jaar met baie mense aangaan. Wanneer die helfte van hierdie tyd verby is, sal hy die diereoffers en die graanoffers in die tempel verbied. Hy sal ’n afstootlike afgodsbeeld op die altaar in die tempel neersit, ’n ding wat tot opstand sal lei. Die ding sal daar bly staan tot op die dag dat hierdie leier sy verdiende loon kry wat God vir hom beplan het.”
DANIËL 9:24-27 Nuwe Lewende Vertaling (NLV)
“Tye van 70 eenhede van sewes is vasgestel vir jou volk en vir jou heilige stad om die onregverdige dade tot ’n einde te bring, die oortredings te beëindig, die sonde te versoen, geregtigheid sonder einde te bring, die visioen en die woorde van die profeet te vervul, en die Allerheiligste plek in te wy. Weet en verstaan dit: vandat die bevel uitgegaan het om Jerusalem te herstel en te herbou, totdat die gesalfde leier kom, is daar sewe eenhede van sewe en nog 62 eenhede van sewe. Jerusalem sal herstel word en sy strate en watervore sal herbou word onder moeilike omstandighede. Ná die tyd van die 62 eenhede van sewes, sal die gesalfde leier doodgemaak word. Hy sal niks besit nie. Die stad en die tempel sal vernietig word wanneer ’n koning en sy leër daar kom. Sy einde sal met oorstromings kom. Dit is bepaal dat daar oorlog en ellende sal wees tot aan die einde toe. Hy sal met baie ’n ooreenkoms sluit vir ’n tydperk van een eenheid van sewe. Vir ’n halwe eenheid sal hy die praktyk van die offer ophef. Hy sal ’n veragtelike ding oprig wat die tempel verontreinig totdat die tyd aanbreek dat dit wat oor hom bepaal is, oor hom sal losbars.”