DANIËL 7:25-27
DANIËL 7:25-27 Bybel vir almal (ABA)
Daardie koning sal hoogmoedig praat teen die Hoogste God en hy sal die gewyde mense van die Hoogste God verdruk. Hy sal probeer om die wette te verander, en ook die tye wanneer hulle moet feesvier. Hy sal dit drie en 'n halwe jaar lank kan doen. Daarna sal God, die Regter, begin om die mense te oordeel. Daardie koning sal nooit weer kan doen wat hy wil nie. Dan sal die gewyde mense van die Hoogste God die konings wees, die sterk en groot konings van die hele aarde. Die Hoogste God sal altyd Koning wees. Al die ander konings sal Hom dien en doen wat Hy sê.’
DANIËL 7:25-27 Afrikaans 1933/1953 (AFR53)
En hy sal woorde spreek teen die Allerhoogste en die heiliges van die Allerhoogste mishandel; en hy sal probeer om tye en wet te verander, en hulle sal in sy hand oorgegee word gedurende 'n tyd en tye en die helfte van 'n tyd. Maar die gereg sal sit, en hulle sal hom die heerskappy ontneem om dit vir goed te verdelg en te vernietig. Dan word die koningskap en die heerskappy en die grootheid van die koninkryke onder die ganse hemel gegee aan die volk van die heiliges van die Allerhoogste; hulle koninkryk is 'n ewige koninkryk, en al die heerskappye sal hulle vereer en gehoorsaam wees.
DANIËL 7:25-27 Afrikaans 1983 (AFR83)
Hy sal teen die Allerhoogste laster en die heiliges van die Allerhoogste vervolg. Hy sal probeer om die godsdienstige feeste en wette te verander, en die heiliges van die Allerhoogste sal in sy mag oorgegee word vir die hele vasgestelde tyd. Dan sal die hof sit en sal daardie koning se heerskappy van hom af weggevat en vir goed vernietig en beëindig word. Die heerskappy en mag en grootheid van al die koninkryke op aarde sal gegee word aan die heilige volk van die Allerhoogste. Sy koninkryk is 'n ewige koninkryk, en al die regeerders sal Hom dien en Hom gehoorsaam wees.
DANIËL 7:25-27 Die Bybel 2020-vertaling (AFR20)
Woorde gerig teen die Hoogste sal hy uitspreek, en die heiliges van die Allerhoogste sal hy teister. Hy sal poog om feestye en die wet te verander, en die heiliges sal in sy hand gegee word vir 'n tyd en tye en 'n halwe tyd. Maar die regbank sal sitting neem, en sy heerskappy sal hulle wegneem om dit te vernietig en te verdelg, tot die einde toe. Die koningskap, die heerskappy en die grootsheid van die koninkryke onder die ganse hemel word dan gegee aan die volk van die heiliges van die Allerhoogste. Sy koninkryk is 'n ewige koninkryk, en alle magte sal Hom dien en aan Hom gehoorsaam wees.’
DANIËL 7:25-27 Contemporary Afrikaans Bible 2023 (CAB23)
En hy sal groot woorde teen die Allerhoogste spreek en die heiliges van die Allerhoogste uitput en dink om tye en wette te verander, en dit sal in sy hand gegee word tot 'n tyd en tye en die verdeling van tyd. Maar die oordeel sal sit, en hulle sal sy heerskappy wegneem, om dit tot die einde toe te vernietig en te vernietig. En die koninkryk en heerskappy en die grootheid van die koninkryk onder die hele hemel sal gegee word aan die volk van die heiliges van die Allerhoogste, wie se koninkryk 'n ewige koninkryk is, en alle heerskappye sal Hom dien en gehoorsaam.
DANIËL 7:25-27 Die Boodskap (DB)
Hy sal vieslike dinge teen die Allerhoogste sê en die mense wat aan die Allerhoogste behoort, onderdruk en bitter swaar laat ly. Hy sal sy bes doen om hulle godsdienstige voorskrifte en feeste te verander. Hy sal vir ’n vasgestelde tyd oor die mense van die Allerhoogste regeer. “Dan sal die hemelse hof besluit genoeg is genoeg, en die oordeel oor hom uitspreek. Hulle sal al sy mag van hom af wegneem en hom totaal en al vernietig. Dan sal die alleenheerskappy, die mag en die rykdom van al die koninkryke van die wêreld aan die mense gegee word wat aan die Allerhoogste behoort. Hulle sal vir altyd regeer en al die heersers van die wêreld sal God dien en gehoorsaam.
DANIËL 7:25-27 Nuwe Lewende Vertaling (NLV)
Hy sal teen God die Allerhoogste te velde trek en die heilige mense van God die Allerhoogste onderdruk. Hy sal daarop uit wees om die vaste tye en wette te verander. Hulle sal in sy mag kom vir ’n tyd, tye en ’n halwe tyd. Met ’n beslissing van die hof sal sy mag by hom weggevat word en finaal vernietig word. Die heerskappy, regering en aansien van al die koninkryke onder die son sal dan gegee word vir die volk van die heilige mense van God die Allerhoogste. Sy koninkryk is ’n ryk sonder einde. Al die heersers sal dan aan Hom eer bewys en aan Hom gehoorsaam wees.”