DANIËL 4:25
DANIËL 4:25 Die Bybel 2020-vertaling (AFR20)
U sal uitgedryf word, weg van mense af, en by die diere van die veld sal u woning wees. U sal gras gevoer word, soos vir beeste, en van die dou van die hemel sal u nat word. Sewe tydperke sal oor u heen gaan, totdat u erken dat die Allerhoogste magtig is oor 'n menslike koninkryk, en dat Hy dit gee aan wie Hy wil.
DANIËL 4:25 Bybel vir almal (ABA)
Die mense sal jou wegjaag. Jy sal in die veld gaan woon saam met die diere. Jy sal gras eet soos 'n bees, en die dou uit die lug sal jou sewe jaar lank natmaak. Dan sal jy weet dit is die Hoogste God wat besluit wie koning sal wees.

DANIËL 4:25 Afrikaans 1933/1953 (AFR53)
Hulle sal u uit die mensdom verstoot, en u woning sal saam met die diere van die veld wees, en hulle sal u soos die beeste plante laat eet; en u sal deur die dou van die hemel natgemaak word, en sewe tydperke sal oor u heengaan totdat u erken dat die Allerhoogste mag het oor die koningskap van die mens en dit gee aan wie Hy wil.
DANIËL 4:25 Afrikaans 1983 (AFR83)
U sal uit die menslike samelewing uitgestoot word en saam met die wilde diere moet leef. U sal moet gras eet soos beeste en u sal snags deur die dou natgemaak word. Dit sal sewe tydperke lank oor u kom. Dan sal u moet erken dat die Allerhoogste mag het oor al die koninkryke op aarde en dit gee aan wie Hy wil.
DANIËL 4:25 Die Bybel 2020-vertaling (AFR20)
U sal uitgedryf word, weg van mense af, en by die diere van die veld sal u woning wees. U sal gras gevoer word, soos vir beeste, en van die dou van die hemel sal u nat word. Sewe tydperke sal oor u heen gaan, totdat u erken dat die Allerhoogste magtig is oor 'n menslike koninkryk, en dat Hy dit gee aan wie Hy wil.
DANIËL 4:25 Contemporary Afrikaans Bible 2023 (CAB23)
dat hulle jou van die mense sal verdryf, en jou woning sal wees by die diere van die veld, en hulle sal jou gras laat eet soos beeste, en hulle sal jou natmaak met die dou van die hemel, en sewe maal sal by jou verbygaan totdat jy weet dat die Allerhoogste in die koninkryk van die mense heers en dit gee aan wie Hy wil.
DANIËL 4:25 Die Boodskap (DB)
U gaan uit die gemeenskap verstoot word sodat u saam met die wilde diere moet gaan bly. Sewe jaar lank sal u gras eet soos ’n bees en in die veld slaap, waar die dou op u sal val. Dan sal u moet erken dat die allerhoogste God oor al die koninkryke van die wêreld regeer en dat Hy die mag kan gee aan wie Hy wil.
DANIËL 4:25 Nuwe Lewende Vertaling (NLV)
U sal van die mense af weggejaag word en tussen die wilde diere van die veld moet gaan bly. U sal gras eet soos ’n bees en die dou uit die lug sal op u val. Sewe tydperke sal vir u verbygaan totdat u erken dat dit God die Allerhoogste is wat oor die koninkryke van mense regeer en dit gee vir wie Hy wil.