DANIËL 3:28
DANIËL 3:28 Afrikaans 1933/1953 (AFR53)
Daarop het Nebukadnésar gespreek en gesê: Geloofd sy die God van Sadrag, Mesag en Abednégo, wat sy engel gestuur en sy knegte verlos het wat hulle op Hom verlaat het en die bevel van die koning oortree het, en wat hulle liggame oorgegee het om geen ander god te dien of te aanbid nie, behalwe hulle God.
DANIËL 3:28 Bybel vir almal (ABA)
Toe sê Nebukadnesar: “Ek prys die God van Sadrag, Mesag en Abed-Nego. Hy het sy engel gestuur en Hy het sy dienaars gered. Hulle het geglo dat Hy hulle sal help en hulle het nie gedoen wat die koning gesê het nie. Hulle het gedink dit is beter om te sterf, want hulle wou net hulle eie God dien en eer, nie 'n ander god nie.
DANIËL 3:28 Afrikaans 1983 (AFR83)
Toe sê Nebukadnesar: “Aan die God van Sadrag, Mesag en Abednego kom die eer toe, Hy wat sy engel gestuur het en sy dienaars gered het. Hulle het op hulle God vertrou en het die koninklike bevel verontagsaam en hulle was bereid om hulle lewe te verloor eerder as om enige god behalwe húlle God te dien of te aanbid.
DANIËL 3:28 Die Bybel 2020-vertaling (AFR20)
Nebukadnesar het daarop gereageer en gesê: “Die God van Sadrag, Mesag en Abednego moet geprys word, wat sy engel gestuur en sy diensknegte gered het – hulle wat op Hom vertrou het, die bevel van die koning verontagsaam en hulle liggame op die spel geplaas het, omdat hulle geen ander god behalwe hulle God sou dien en vereer nie.
DANIËL 3:28 Contemporary Afrikaans Bible 2023 (CAB23)
Toe het Nebukadnésar gespreek en gesê: Geseënd is die God van Sadrag, Mesag en Abednego, wat sy engel gestuur het en sy dienaars verlos het wat op hom vertrou het en die woord van die koning verander het en hulle liggame oorgegee het, sodat hulle nie dien of aanbid enige god, behalwe hulle eie God.
DANIËL 3:28 Die Boodskap (DB)
Toe sê Nebukadnesar: “Loof die God van Sadrag, Mesag en Abednego! Hy het sy engel gestuur om hierdie mense wat Hom dien en vertrou te kom red. Hulle het geweier om die koning se bevel te gehoorsaam. Hulle was bereid om dood te gaan eerder as om enige ander god te aanbid behalwe hulle eie God.
DANIËL 3:28 Nuwe Lewende Vertaling (NLV)
Nebukadnesar het gesê: “Loof die God van Sadrag, Mesag en Abednego! Hy het sy engel gestuur om sy dienaars wat op Hom vertrou het, te red. Hulle het die koning se bevel verontagsaam en was bereid om hulle lewens te gee eerder as om eer te bewys aan enige ander god of enigeen buiten hulle eie God te dien.