DANIËL 2:27-28
DANIËL 2:27-28 Bybel vir almal (ABA)
Daniël het vir die koning gesê: “Koning, die wyse mense, al die slim mense, kan nie vir jou sê wat jy wil weet nie. Maar in die hemel is daar 'n God wat kan sê wat mense nie weet nie. Hy het vir jou, koning Nebukadnesar, gewys wat later sal gebeur. Ek sal nou vir jou vertel wat jy gedroom en gesien het toe jy geslaap het
DANIËL 2:27-28 Afrikaans 1933/1953 (AFR53)
Daniël het in teenwoordigheid van die koning geantwoord en gesê: Die geheim waarna die koning vra, kan die wyse manne, die besweerders, die geleerdes, die waarsêers nie aan die koning te kenne gee nie. Maar daar is 'n God in die hemel wat geheime openbaar, en Hy het koning Nebukadnésar bekend gemaak wat aan die einde van die dae sal gebeur. U droom en die gesigte van u hoof op u bed was dit
DANIËL 2:27-28 Afrikaans 1983 (AFR83)
Daniël het die koning geantwoord: “Die raadgewers, die voorspellers, die towenaars en die sterrekykers is nie in staat om die droom waaroor u navraag doen, vir u te vertel nie. Maar daar is 'n God in die hemel wat geheime kan openbaar en wat aan u, koning Nebukadnesar, wil bekend maak wat in die toekoms gaan gebeur. In u slaap het u 'n droom, 'n visioen gehad.
DANIËL 2:27-28 Die Bybel 2020-vertaling (AFR20)
Daniël het in die teenwoordigheid van die koning geantwoord en gesê: “Die geheim waaroor die koning navraag doen, kan die wyses, towenaars, waarsêerpriesters en voorspellers nie vir die koning uitlê nie. Daar is egter 'n God in die hemel wat geheime openbaar, en Hy het aan u, koning Nebukadnesar, bekend gemaak wat aan die einde van die dae sal gebeur. U droom, die visioene in u kop terwyl u in u bed was, is die volgende
DANIËL 2:27-28 Contemporary Afrikaans Bible 2023 (CAB23)
Daniël het in die teenwoordigheid van die koning geantwoord en gesê: Die geheim wat die koning gevra het, kan die wyse manne, die besweerders, die towenaars, die waarsêers nie aan die koning bekend maak nie; Maar daar is 'n God in die hemel wat geheime openbaar en aan koning Nebukadnésar bekend maak wat aan die einde van die dae sal gebeur. Dit is jou droom en die gesigte van jou hoof op jou bed
DANIËL 2:27-28 Die Boodskap (DB)
Daniël het geantwoord: “Daar is geen raadgewer, waarsêer of sterrevoorspeller wat in staat is om te doen wat u verwag nie. Maar daar is ’n God in die hemel wat geheime bekend kan maak. Hy het in die droom aan u, koning Nebukadnesar, kom wys wat in die toekoms gaan gebeur. Daarom sal ek nou vir u vertel wat die gesig beteken wat u in u droom gesien het.
DANIËL 2:27-28 Nuwe Lewende Vertaling (NLV)
Daniël sê toe vir die koning: “Daar is geen raadgewer, besweerder, towenaar of sterrekyker wat die geheim vir die koning kan verklaar nie. Die God van die hemel kan egter geheime verklaar. Hy het vir koning Nebukadnesar bekendgemaak wat aan die einde van die dae sal gebeur. “Die droom wat u gehad het en die gesigte wat u daar op u bed gesien het, is die volgende