DANIËL 2:20-22
DANIËL 2:20-22 Afrikaans 1983 (AFR83)
Daniël het gesê: “Mag die Naam van God altyd geprys word, Hy aan wie die wysheid en die mag behoort, Hy wat tye en omstandighede verander, wat konings afsit en konings aanstel, wat aan die wyse manne die wysheid gee en die verstand aan dié wat insig het, wat ondeurgrondelike en verborge dinge openbaar en wat weet wat in die duisternis is; by Hom is die lig.
DANIËL 2:20-22 Nuwe Lewende Vertaling (NLV)
“Loof die Naam van God vir altyd, ja, altyd; aan Hom behoort wysheid en krag; Hy bepaal die gang van wêreldgebeure. Hy sit konings af en stel konings aan; Hy gee wysheid vir dié wat wys is en kennis vir dié wat insig het; Hy openbaar geheime wat diep en weggesteek is; Hy weet wat in die donker gebeur; by Hom is die lig.
DANIËL 2:20-22 Bybel vir almal (ABA)
Hy het gesê: “Die mense moet die Naam van God altyd prys, want Hy weet alles en Hy is baie sterk. Hy laat jare en maande verbygaan en Hy sê wat moet gebeur. Hy vat konings weg, Hy kies nuwe konings en stel hulle aan. God gee wysheid en kennis vir wyse en verstandige mense. Hy help mense om moeilike dinge te verstaan. Hy weet wat in die donker is, want by Hom is lig.
DANIËL 2:20-22 Afrikaans 1933/1953 (AFR53)
Daniël het toe gespreek en gesê: Mag die Naam van God geprys word van ewigheid tot ewigheid, want die wysheid en die krag is syne. Hy tog verander die tye en die geleenthede; Hy sit konings af en stel konings aan; Hy verleen wysheid aan die wyse manne en kennis aan die wat insig het; Hy openbaar ondeurgrondelike en verborge dinge; Hy weet wat in die duister is, en die lig woon by Hom.
DANIËL 2:20-22 Die Bybel 2020-vertaling (AFR20)
Daniël het in sy reaksie gesê: “Mag die Naam van God van ewigheid tot ewigheid geprys word, Hy aan wie die wysheid en mag behoort! Hy verander tye en tydperke; Hy sit konings af en stel konings aan. Hy gee wysheid aan wyses en kennis aan wie insig het. Hy openbaar dit wat diep en verborge is; Hy weet wat in die duisternis is. Die lig is by Hom tuis.
DANIËL 2:20-22 Contemporary Afrikaans Bible 2023 (CAB23)
Daniël antwoord en sê: Geloofd sy die Naam van God vir ewig en altyd, want wysheid en krag is syne. En Hy verander die tye en geleenthede: Hy sit konings af en stel konings aan; Hy gee wysheid aan die wyse mense en kennis aan die wat verstand ken. Hy openbaar die diep en verborge dinge: Hy weet wat in die duisternis is, en die lig woon by Hom.
DANIËL 2:20-22 Die Boodskap (DB)
“Prys God se Naam nou en vir altyd, Hy alleen het al die kennis en mag. Hy bepaal die koers van alles en almal in die wêreld; Hy haal konings uit hulle magsposisies uit en stel ander in hulle plek aan. Hy gee kennis en insig. Hy maak geheime dinge bekend; Hy weet wat in die donker gebeur, maar Hyself word deur die lig omring.