DANIËL 2:19-20
DANIËL 2:19-20 Bybel vir almal (ABA)
Die God van die hemel het daardie nag vir Daniël gewys wat die koning gedroom het. Daniël het God geprys. Hy het gesê: “Die mense moet die Naam van God altyd prys, want Hy weet alles en Hy is baie sterk.
DANIËL 2:19-20 Afrikaans 1933/1953 (AFR53)
Daarop is in 'n naggesig die geheim aan Daniël geopenbaar. Toe het Daniël die God van die hemel geloof. Daniël het toe gespreek en gesê: Mag die Naam van God geprys word van ewigheid tot ewigheid, want die wysheid en die krag is syne.
DANIËL 2:19-20 Afrikaans 1983 (AFR83)
Toe is die geheim aan Daniël geopenbaar in 'n nagtelike visioen, en Daniël het die God van die hemel geprys. Daniël het gesê: “Mag die Naam van God altyd geprys word, Hy aan wie die wysheid en die mag behoort
DANIËL 2:19-20 Die Bybel 2020-vertaling (AFR20)
Aan Daniël is die geheim toe in 'n nagtelike visioen geopenbaar, waarop Daniël die God van die hemel geprys het. Daniël het in sy reaksie gesê: “Mag die Naam van God van ewigheid tot ewigheid geprys word, Hy aan wie die wysheid en mag behoort!
DANIËL 2:19-20 Contemporary Afrikaans Bible 2023 (CAB23)
Toe is die geheim in 'n naggesig aan Daniël geopenbaar. Dan het Daniël die God van die hemel geseën. Daniël antwoord en sê: Geloofd sy die Naam van God vir ewig en altyd, want wysheid en krag is syne.