DANIËL 11:31-32
DANIËL 11:31-32 Bybel vir almal (ABA)
Hy sal soldate stuur, en hulle sal die tempel ontwy. Hy sal sê die priesters mag nie meer elke dag offer nie. Hy sal iets in die tempel neersit wat vir God baie kwaad maak en wat alles verwoes. Die koning sal baie vriendelik wees met die mense wat verkeerd doen teen die verbond, maar die mense wat vir God ken, sal aanhou om nie verkeerde dinge te doen nie.
DANIËL 11:31-32 Afrikaans 1933/1953 (AFR53)
En deur hom sal leërs op die been gebring word en die heiligdom, die vesting, ontheilig, en hulle sal die voortdurende offer afskaf en die ontsettende gruwel opstel. En die wat goddeloos handel teen die verbond, sal hy met vleiery afvallig maak, maar die volk wat hulle God ken, sal vashou en optree.
DANIËL 11:31-32 Afrikaans 1983 (AFR83)
Van die koning se troepe sal die heiligdom en die vesting ontheilig. Hulle sal die daaglikse offer afskaf en 'n ding oprig wat 'n gruwel is vir God en wat verwoesting aanrig. Die koning sal dié wat aan die verbond ontrou is, deur vleiery verlei tot afvalligheid, maar die mense wat hulle God ken, sal vasstaan.
DANIËL 11:31-32 Die Bybel 2020-vertaling (AFR20)
Strydmagte deur hom byeengebring, sal opstaan en die heiligdom, die vesting, ontheilig, die gereelde offer afskaf en die verfoeilike afgodsbeeld wat verwoesting veroorsaak, oprig. Dié wat skuldig staan teenoor die verbond, sal hy met slinkse woorde afvallig maak; maar die volk wat hulle God ken, sal sterk weerstand bied.
DANIËL 11:31-32 Contemporary Afrikaans Bible 2023 (CAB23)
En wapens sal aan sy kant staan, en hulle sal die heiligdom van sterkte ontheilig en die daaglikse offer wegneem, en hulle sal die gruwel plaas wat verwoesting maak. En die wat goddeloos handel teen die verbond, sal hy deur vleiery verderf; maar die volk wat hulle God ken, sal sterk wees en dade doen.
DANIËL 11:31-32 Die Boodskap (DB)
Van sy soldate sal in die tempel ingaan en God se heilige Naam skend. Hulle sal die mense verbied om hulle godsdiens te beoefen en ’n gruwelike afgodsbeeld op die altaar in die tempel neersit, ’n ding wat tot opstand lei. Hy sal dié wat reeds die rug vir God gedraai het, met vleitaal aan sy kant kry, maar die mense wat God dien, sal sterk staan teen hom.
DANIËL 11:31-32 Nuwe Lewende Vertaling (NLV)
Sy leër sal kom en die vesting van die tempel besoedel. Hulle sal die daaglikse offer beëindig. Hulle sal die gruwelike ding wat alles verwoes by die tempel oprig. Hy sal dié prys wat die verbond met God verwerp het. Dié wat in hulle God glo, sal egter sterk staan en doen wat reg is.