KOLOSSENSE 3:24-25
KOLOSSENSE 3:24-25 Bybel vir almal (ABA)
want julle weet die Here sal julle beloon. Hy sal vir julle gee wat Hy vir julle belowe het. Julle werk vir Christus, Hy is julle Eienaar. Wanneer mense verkeerd doen, dan sal die Here vir hulle gee wat hulle moet kry, Hy sal hulle straf. Hy doen reg aan almal.
KOLOSSENSE 3:24-25 Afrikaans 1933/1953 (AFR53)
omdat julle weet dat julle van die Here die erfenis as vergelding sal ontvang, want julle dien die Here Christus. Maar wie onreg doen, sal die onreg wat hy gedoen het, terug ontvang; en daar is geen aanneming van die persoon nie.
KOLOSSENSE 3:24-25 Afrikaans 1983 (AFR83)
omdat julle weet dat julle van die Here as beloning sal kry wat Hy belowe het. Christus is die Here in wie se diens julle staan. Wie onreg doen, sal gestraf word oor die onreg wat hy gedoen het; die Here trek niemand voor nie.
KOLOSSENSE 3:24-25 Die Bybel 2020-vertaling (AFR20)
in die wete dat julle 'n erfdeel as beloning van die Here sal ontvang; want julle staan in diens van die Here •Christus. Elkeen wat verkeerd doen, sal immers vir sy verkeerde dade vergeld word; niemand word volgens die uiterlike beoordeel nie.
KOLOSSENSE 3:24-25 Contemporary Afrikaans Bible 2023 (CAB23)
Omdat julle weet dat julle van die Here die beloning van die erfenis sal ontvang, want julle dien die Here Christus. Maar hy wat onreg doen, sal ontvang vir die onreg wat hy gedoen het, en daar is geen aansien na die persoon nie.
KOLOSSENSE 3:24-25 Die Boodskap (DB)
Die Here sal vir julle gee wat julle verdien; daarvan kan julle seker wees. Julle sal by Hom in sy nuwe wêreld gaan bly en daar alles geniet wat Hy vir julle sal gee. Want die eintlike Baas vir wie julle werk, is mos Christus. En hierdie Baas trek niemand voor nie. As iemand dus nie doen wat God wil hê nie, sal hy maar die straf daarvoor moet dra.