KOLOSSENSE 3:22-25
KOLOSSENSE 3:22-25 Die Bybel 2020-vertaling (AFR20)
Slawe, julle moet julle aardse eienaars in alle opsigte gehoorsaam – nie met oëdiens asof julle mense wil behaag nie, maar met 'n opregte hart, uit ontsag vir die Here. Wat julle ook al doen, werk met geesdrif, soos vir die Here, en nie soos vir mense nie, in die wete dat julle 'n erfdeel as beloning van die Here sal ontvang; want julle staan in diens van die Here •Christus. Elkeen wat verkeerd doen, sal immers vir sy verkeerde dade vergeld word; niemand word volgens die uiterlike beoordeel nie.
KOLOSSENSE 3:22-25 Bybel vir almal (ABA)
Slawe, julle moet alles doen wat julle eienaars hier op die aarde sê julle moet doen. Julle moet die Here dien en daarom moet dit vir julle lekker wees om vir julle eienaars te werk. Julle moenie net werk wanneer julle eienaars vir julle kyk nie, julle moenie net werk sodat mense van julle kan hou nie. Dit moet vir julle lekker wees om vir julle eienaars te werk omdat julle die Here respekteer. Slawe, julle moenie iets doen net sodat ander mense daarmee tevrede sal wees nie. Julle moet dit baie goed doen sodat die Here daarmee tevrede sal wees, want julle weet die Here sal julle beloon. Hy sal vir julle gee wat Hy vir julle belowe het. Julle werk vir Christus, Hy is julle Eienaar. Wanneer mense verkeerd doen, dan sal die Here vir hulle gee wat hulle moet kry, Hy sal hulle straf. Hy doen reg aan almal.
KOLOSSENSE 3:22-25 Afrikaans 1933/1953 (AFR53)
Diensknegte, julle moet jul here na die vlees in alles gehoorsaam wees, nie met oëdiens soos mensebehaers nie, maar in eenvoudigheid van hart, omdat julle God vrees. En wat julle ook al doen, doen dit van harte soos vir die Here en nie vir mense nie, omdat julle weet dat julle van die Here die erfenis as vergelding sal ontvang, want julle dien die Here Christus. Maar wie onreg doen, sal die onreg wat hy gedoen het, terug ontvang; en daar is geen aanneming van die persoon nie.
KOLOSSENSE 3:22-25 Afrikaans 1983 (AFR83)
Slawe, wees in alles gehoorsaam aan julle eienaars hier op aarde. Moenie net werk om deur hulle raakgesien te word en so in mense se guns te kom nie, maar werk met 'n opregte hart uit eerbied vir die Here. Wat julle ook al doen, doen dit van harte soos vir die Here en nie vir mense nie, omdat julle weet dat julle van die Here as beloning sal kry wat Hy belowe het. Christus is die Here in wie se diens julle staan. Wie onreg doen, sal gestraf word oor die onreg wat hy gedoen het; die Here trek niemand voor nie.
KOLOSSENSE 3:22-25 Contemporary Afrikaans Bible 2023 (CAB23)
Diensknegte, wees in alles gehoorsaam aan julle here na die vlees; nie met oogdiens, as menplesers nie; maar in opregtheid van hart, God vrees: En wat julle ook al doen, doen dit van harte, soos vir die Here, en nie vir mense nie; Omdat julle weet dat julle van die Here die beloning van die erfenis sal ontvang, want julle dien die Here Christus. Maar hy wat onreg doen, sal ontvang vir die onreg wat hy gedoen het, en daar is geen aansien na die persoon nie.
KOLOSSENSE 3:22-25 Die Boodskap (DB)
Nou kom ek by julle wat vir base werk. Doen wat julle aardse base van julle vra. Moenie skynheilig wees en net werk as hulle vir julle kyk nie. Wees eerlik en werk hard omdat die Here altyd vir julle kyk. Julle wil tog die Here tevrede stel en nie mense nie. Laat mense dit ook sien aan die oorgawe waarmee julle julle werk doen. Die Here sal vir julle gee wat julle verdien; daarvan kan julle seker wees. Julle sal by Hom in sy nuwe wêreld gaan bly en daar alles geniet wat Hy vir julle sal gee. Want die eintlike Baas vir wie julle werk, is mos Christus. En hierdie Baas trek niemand voor nie. As iemand dus nie doen wat God wil hê nie, sal hy maar die straf daarvoor moet dra.
KOLOSSENSE 3:22-25 Nuwe Lewende Vertaling (NLV)
Slawe, julle moet julle eienaars hier op aarde in elke opsig gehoorsaam. Julle moenie mense probeer tevrede stel deur net te werk as iemand kyk nie. Nee, werk met opregtheid van hart omdat julle eerbied vir die Here het. Pak alles gemotiveerd aan. Werk soos vir die Here en nie soos vir mense nie. Weet dat die Here julle met ’n erfdeel sal beloon. Die Eienaar vir wie julle werk, is Christus! Wie onreg doen, kry hulle onreg terug. God trek niemand voor nie.