KOLOSSENSE 3:17,23
KOLOSSENSE 3:17 Die Boodskap (DB)
Laat ek saamvat: Jesus moet uit julle hele lewe straal. Of julle praat of iets anders doen, Jesus moet daarin gesien kan word. Julle lewe moet een groot dankie vir God wees. En dit kan alleen so wees as julle alles doen asof Jesus elke tree saam met julle gee.
Kolossense 3:23 Die Boodskap (DB)
Julle wil tog die Here tevrede stel en nie mense nie. Laat mense dit ook sien aan die oorgawe waarmee julle julle werk doen.
KOLOSSENSE 3:17 Bybel vir almal (ABA)
Julle behoort aan die Here Jesus. Daarom, al die dinge wat julle sê en doen, moet dinge wees wat Hy wil hê, en julle moet vir God die Vader dankie sê. Ja, julle moet vir Christus vra om vir God te sê julle sê dankie.
Kolossense 3:23 Bybel vir almal (ABA)
Slawe, julle moenie iets doen net sodat ander mense daarmee tevrede sal wees nie. Julle moet dit baie goed doen sodat die Here daarmee tevrede sal wees
KOLOSSENSE 3:17 Afrikaans 1933/1953 (AFR53)
En wat julle ook al doen in woord of in daad, doen alles in die Naam van die Here Jesus en dank God die Vader deur Hom.
KOLOSSENSE 3:23 Afrikaans 1933/1953 (AFR53)
En wat julle ook al doen, doen dit van harte soos vir die Here en nie vir mense nie
KOLOSSENSE 3:17 Afrikaans 1983 (AFR83)
En wat julle ook al sê of doen, sê en doen dit alles in die Naam van die Here Jesus en dank God die Vader deur Hom.
KOLOSSENSE 3:23 Afrikaans 1983 (AFR83)
Wat julle ook al doen, doen dit van harte soos vir die Here en nie vir mense nie
KOLOSSENSE 3:17 Die Bybel 2020-vertaling (AFR20)
En wat julle ook al doen, in woord of daad, doen alles in die Naam van die Here Jesus, terwyl julle God die Vader deur Hom dank.
Kolossense 3:23 Die Bybel 2020-vertaling (AFR20)
Wat julle ook al doen, werk met geesdrif, soos vir die Here, en nie soos vir mense nie
KOLOSSENSE 3:17 Contemporary Afrikaans Bible 2023 (CAB23)
En wat julle ook al doen in woord of in daad, doen alles in die Naam van die Here Jesus en dank God en die Vader deur Hom.
Kolossense Kolossense 3:23 Contemporary Afrikaans Bible 2023 (CAB23)
En wat julle ook al doen, doen dit van harte, soos vir die Here, en nie vir mense nie
KOLOSSENSE 3:17 Nuwe Lewende Vertaling (NLV)
Verder, doen alles – of dit nou met woorde of dade is – in die Naam van die Here Jesus. Só is julle heeltyd besig om deur Hom dank aan God die Vader te bring.