KOLOSSENSE 3:12-24
KOLOSSENSE 3:12-24 Bybel vir almal (ABA)
God het julle gekies, julle behoort aan Hom en Hy is lief vir julle. Daarom moet julle goeie dinge doen. Julle moet regtig jammer wees vir ander mense en julle moet goed wees vir hulle. Julle moenie hoogmoedig wees nie, julle moet sagte harte hê, julle moenie gou kwaad word nie. Julle moet geduldig wees met mekaar. As iemand iets verkeerd gedoen het, dan moet julle nie kwaad wees vir hom nie, julle moet hom vergewe. Die Here het julle vergewe, en so moet julle mekaar ook vergewe. Die belangrikste is dat julle lief moet wees vir mekaar, want dan sal julle regtig aan mekaar behoort en heeltemal wees soos God wil hê julle moet wees. Christus het vir julle vrede gegee en daardie vrede moet julle lewe regeer. God het julle gekies om een te wees, die een liggaam van Christus, sy kerk. Daarom moet julle in vrede met mekaar lewe. Julle moet ook dankbaar wees. Julle moet altyd dink aan die goeie boodskap oor Christus. Julle moet soos wyse mense vir mekaar leer en mekaar waarsku om nie verkeerde dinge te doen nie. Julle moet psalms en gesange en ander liedere sing om vir God dankie te sê. Julle behoort aan die Here Jesus. Daarom, al die dinge wat julle sê en doen, moet dinge wees wat Hy wil hê, en julle moet vir God die Vader dankie sê. Ja, julle moet vir Christus vra om vir God te sê julle sê dankie. Vroue, julle moet luister na julle mans. Dit is wat die Here wil hê. Mans, julle moet lief wees vir julle vroue. Julle moenie vir hulle laat swaarkry nie. Kinders, julle moet altyd gehoorsaam wees aan julle ouers, want die Here hou daarvan as julle luister na julle ouers. Pa's, julle moenie so kwaai met julle kinders wees dat hulle moedeloos word nie. Slawe, julle moet alles doen wat julle eienaars hier op die aarde sê julle moet doen. Julle moet die Here dien en daarom moet dit vir julle lekker wees om vir julle eienaars te werk. Julle moenie net werk wanneer julle eienaars vir julle kyk nie, julle moenie net werk sodat mense van julle kan hou nie. Dit moet vir julle lekker wees om vir julle eienaars te werk omdat julle die Here respekteer. Slawe, julle moenie iets doen net sodat ander mense daarmee tevrede sal wees nie. Julle moet dit baie goed doen sodat die Here daarmee tevrede sal wees, want julle weet die Here sal julle beloon. Hy sal vir julle gee wat Hy vir julle belowe het. Julle werk vir Christus, Hy is julle Eienaar.

KOLOSSENSE 3:12-24 Afrikaans 1933/1953 (AFR53)
Beklee julle dan, as uitverkorenes van God, heiliges en geliefdes, met innerlike ontferming, goedertierenheid, nederigheid, sagmoedigheid, lankmoedigheid. Verdra mekaar en vergewe mekaar as die een teen die ander 'n klag het; soos Christus julle vergeef het, so moet julle ook doen. En beklee julle bo dit alles met die liefde wat die band van die volmaaktheid is. En laat die vrede van God, waartoe julle ook in een liggaam geroep is, in julle harte heers, en wees dankbaar. Laat die woord van Christus ryklik in julle woon in alle wysheid. Leer en vermaan mekaar met psalms en lofsange en geestelike liedere, en sing in julle hart met dankbaarheid tot eer van die Here. En wat julle ook al doen in woord of in daad, doen alles in die Naam van die Here Jesus en dank God die Vader deur Hom. VROUE, wees julle mans onderdanig soos dit betaamlik is in die Here. Manne, julle moet jul vroue liefhê en nie teen hulle verbitter word nie. Kinders, julle moet jul ouers in alles gehoorsaam wees, want dit is die Here welbehaaglik. Vaders, moenie julle kinders terg nie, sodat hulle nie moedeloos word nie. Diensknegte, julle moet jul here na die vlees in alles gehoorsaam wees, nie met oëdiens soos mensebehaers nie, maar in eenvoudigheid van hart, omdat julle God vrees. En wat julle ook al doen, doen dit van harte soos vir die Here en nie vir mense nie, omdat julle weet dat julle van die Here die erfenis as vergelding sal ontvang, want julle dien die Here Christus.
KOLOSSENSE 3:12-24 Afrikaans 1983 (AFR83)
Julle is die uitverkore volk van God wat Hy baie liefhet. Daarom moet julle meelewend, goedgesind, nederig, sagmoedig en verdraagsaam wees. Wees geduldig met mekaar en vergewe mekaar as die een iets teen die ander het. Soos die Here julle vergewe het, moet julle mekaar ook vergewe. Bo dit alles moet julle mekaar liefhê. Dit is die band wat julle tot volmaakte eenheid saambind. En die vrede wat Christus gee, moet in julle lewens die deurslag gee. God het julle immers geroep om as lede van een liggaam in vrede met mekaar te lewe. Wees altyd dankbaar. Die boodskap van Christus moet in sy volle rykdom in julle bly. Leer en onderrig mekaar met alle wysheid. Met dankbaarheid in julle harte moet julle psalms, lofgesange en ander geestelike liedere tot eer van God sing. En wat julle ook al sê of doen, sê en doen dit alles in die Naam van die Here Jesus en dank God die Vader deur Hom. Vrouens, wees aan julle mans onderdanig soos dit pas by mense wat in die Here glo. Mans, julle moet julle vrouens liefhê, moenie die lewe vir hulle bitter maak nie. Kinders, wees in alles aan julle ouers gehoorsaam, want die Here verlang dit van kinders wat in Hom glo. Vaders, moenie gedurig by julle kinders fout soek dat hulle moedeloos word nie. Slawe, wees in alles gehoorsaam aan julle eienaars hier op aarde. Moenie net werk om deur hulle raakgesien te word en so in mense se guns te kom nie, maar werk met 'n opregte hart uit eerbied vir die Here. Wat julle ook al doen, doen dit van harte soos vir die Here en nie vir mense nie, omdat julle weet dat julle van die Here as beloning sal kry wat Hy belowe het. Christus is die Here in wie se diens julle staan.
KOLOSSENSE 3:12-24 Die Bybel 2020-vertaling (AFR20)
Daarom, omdat julle God se uitverkore •heiliges en geliefdes is, beklee julleself met innige meelewing, goedheid, nederigheid, sagmoedigheid en geduld. Verdra mekaar en, as enigiemand 'n klagte teen iemand anders het, vergewe mekaar. Soos die Here julle vergewe het, so moet julle ook vergewe. Maar beklee julle, bo en behalwe al hierdie dinge, met die liefde, wat die band is wat alles volmaak saambind. Verder, laat die vrede van Christus in julle harte regeer. As lede van een liggaam, is julle juis daartoe geroep. En wees dankbaar. Laat die woord van Christus in sy volle rykdom in julle woon. Leer en vermaan mekaar, in alle wysheid, deur met dankbare harte psalms, lofgesange en geestelike liedere tot eer van God te sing. En wat julle ook al doen, in woord of daad, doen alles in die Naam van die Here Jesus, terwyl julle God die Vader deur Hom dank. Vroue, julle moet onderdanig wees aan julle mans, soos dit gepas is vir mense in die Here. Mans, julle moet julle vroue liefhê, en nie verbitterd teenoor hulle raak nie. Kinders, julle moet julle ouers in alle opsigte gehoorsaam, omdat dit vir die Here aanneemlik is. Vaders, julle moenie julle kinders treiter, sodat hulle moedeloos word nie. Slawe, julle moet julle aardse eienaars in alle opsigte gehoorsaam – nie met oëdiens asof julle mense wil behaag nie, maar met 'n opregte hart, uit ontsag vir die Here. Wat julle ook al doen, werk met geesdrif, soos vir die Here, en nie soos vir mense nie, in die wete dat julle 'n erfdeel as beloning van die Here sal ontvang; want julle staan in diens van die Here •Christus.
KOLOSSENSE 3:12-24 Contemporary Afrikaans Bible 2023 (CAB23)
Beklee julle dan as uitverkorenes van God, heiliges en geliefdes, met innerlike ontferming, goedertierenheid, nederigheid, sagmoedigheid, lankmoedigheid; Verdra mekaar en vergewe mekaar as iemand teen iemand twis het; soos Christus julle vergewe het, so moet julle ook doen. En beklee julle bo al hierdie dinge met die liefde, wat die band van volmaaktheid is. En laat die vrede van God in julle harte heers, waartoe julle ook in een liggaam geroep is; en wees dankbaar. Laat die woord van Christus ryklik in julle woon in alle wysheid; leer en vermaan mekaar met psalms en lofsange en geestelike liedere, en sing met genade in julle harte tot eer van die Here. En wat julle ook al doen in woord of in daad, doen alles in die Naam van die Here Jesus en dank God en die Vader deur Hom. Vrouens, wees aan julle eie mans onderdanig, soos dit betaamlik is in die Here. Mans, julle moet julle vrouens liefhê en nie teen hulle verbitterd wees nie. Kinders, gehoorsaam julle ouers in alles, want dit is die Here welgevallig. Vaders, moenie julle kinders terg nie, sodat hulle nie moedeloos word nie. Diensknegte, wees in alles gehoorsaam aan julle here na die vlees; nie met oogdiens, as menplesers nie; maar in opregtheid van hart, God vrees: En wat julle ook al doen, doen dit van harte, soos vir die Here, en nie vir mense nie; Omdat julle weet dat julle van die Here die beloning van die erfenis sal ontvang, want julle dien die Here Christus.
KOLOSSENSE 3:12-24 Die Boodskap (DB)
God het julle gekies. Julle is sy spesiale mense in die wêreld. Hy is baie lief vir julle. Daarom moet julle die “klere” aantrek wat by julle pas. Jy moet baie vir ander mense omgee en gaaf met hulle wees. Wees op jou plek en moenie te veel van jouself dink nie. Moet ook nie ongeskik met mense wees nie, maar hanteer hulle mooi. Gee mekaar ’n kans sonder om mekaar met kritiek uitmekaar te skeur. Kyk ook by mekaar se foute verby. Die Here het immers by al julle foute verbygekyk. Daarom word niks minder van julle verwag nie. Tussen die klere wat God vir julle gegee het, is daar ’n kledingstuk wat alles perfek afrond. Jy moet dit altyd en oral dra. Hierdie kledingstuk is die liefde. As julle mekaar liefhet, leef julle presies soos God dit wil hê. Liefde hou julle naby mekaar soos julle veronderstel is om te wees. Dit moet ook vir julle baie belangrik wees om die vrede wat Christus vir julle gegee het, tot elke prys te bewaar. As julle met mekaar begin vassit, maak juis dan die keuse vir die vrede van Christus. Om die vrede te bewaar is belangrik, want God verwag van julle om soos een liggaam saam te werk. Hy wil geen dwarstrekkery hê nie. En moenie vergeet om altyd vir God dankie te sê vir al hierdie dinge nie. Jesus se boodskap moet in julle lewe wees wat ’n bouplan vir ’n bouer is. Dit moet die plan wees vir alles wat julle doen. Daarom moet julle nie tevrede wees voordat julle alles weet wat Jesus vir julle wil sê nie. Leer mekaar wat reg en verkeerd is. As iemand ’n fout maak, help hom reg. Gebruik ook psalms en ander liedere om dit te doen. Sing uit julle hart uit, want met hierdie geestelike liedere sê julle ook vir God dankie. Laat ek saamvat: Jesus moet uit julle hele lewe straal. Of julle praat of iets anders doen, Jesus moet daarin gesien kan word. Julle lewe moet een groot dankie vir God wees. En dit kan alleen so wees as julle alles doen asof Jesus elke tree saam met julle gee. Vroue, erken die gesag wat mans in die gesin dra. Die Here verwag dit. Mans, wees lojaal en liefdevol teenoor vroue. Moenie geïrriteerd raak met hulle nie. Kinders, luister na wat julle ouers sê. Daarvan hou die Here. Pa’s, moenie te veel druk op julle kinders sit nie. Netnou verloor hulle moed omdat hulle voel dat julle nooit tevrede is nie. Nou kom ek by julle wat vir base werk. Doen wat julle aardse base van julle vra. Moenie skynheilig wees en net werk as hulle vir julle kyk nie. Wees eerlik en werk hard omdat die Here altyd vir julle kyk. Julle wil tog die Here tevrede stel en nie mense nie. Laat mense dit ook sien aan die oorgawe waarmee julle julle werk doen. Die Here sal vir julle gee wat julle verdien; daarvan kan julle seker wees. Julle sal by Hom in sy nuwe wêreld gaan bly en daar alles geniet wat Hy vir julle sal gee. Want die eintlike Baas vir wie julle werk, is mos Christus. En hierdie Baas trek niemand voor nie.
KOLOSSENSE 3:12-24 Nuwe Lewende Vertaling (NLV)
Julle is die mense wat God uitgekies het wat Hy geheilig het en wat Hy liefhet. Daarom moet julle die volgende soos klere aantrek: liefdevolle deernis, vriendelikheid, nederigheid, sagmoedigheid, geduld. Verdra mekaar en as enigeen ’n klagte teen iemand anders het, vergewe mekaar. Vergewe mekaar soos die Here julle vergewe het. Die heel belangrikste wat julle moet aantrek, is die liefde. Die liefde bind alles volmaak saam. Verder, laat die vrede wat Christus bewerk het, in julle lewens die deurslag gee; want as lede van een liggaam is julle tot vrede geroep. En wees dankbaar. Laat die rykdom van alles wat Christus ons leer, julle leefstyl bepaal. Met alle wysheid moet julle mekaar onderrig en mekaar die regte pad wys. Sing met dankbare harte psalms, lofgesange en geestelike liedere tot eer van God. Verder, doen alles – of dit nou met woorde of dade is – in die Naam van die Here Jesus. Só is julle heeltyd besig om deur Hom dank aan God die Vader te bring. Vroue, wees aan julle mans onderdanig soos dit pas by mense wat met Christus één is. Mans, julle moet julle vroue liefhê en julle moenie griewe teenoor hulle opbou nie. Kinders, julle moet in elke opsig aan julle ouers gehoorsaam wees, want dan is die Here tevrede. Ouers, moenie aanhou foutvind met julle kinders sodat hulle moed verloor nie. Slawe, julle moet julle eienaars hier op aarde in elke opsig gehoorsaam. Julle moenie mense probeer tevrede stel deur net te werk as iemand kyk nie. Nee, werk met opregtheid van hart omdat julle eerbied vir die Here het. Pak alles gemotiveerd aan. Werk soos vir die Here en nie soos vir mense nie. Weet dat die Here julle met ’n erfdeel sal beloon. Die Eienaar vir wie julle werk, is Christus!