KOLOSSENSE 2:1-4
KOLOSSENSE 2:1-4 Afrikaans 1933/1953 (AFR53)
WANT ek wil hê dat julle moet weet wat 'n groot stryd ek oor julle het, en oor die wat in Laodicéa is en almal wat my aangesig in die vlees nie gesien het nie, dat hulle harte vertroos mag word, deurdat hulle saamgevoeg word in die liefde en tot alle rykdom van die volle versekerdheid van insig, om die verborgenheid te leer ken van God en die Vader en van Christus, in wie al die skatte van wysheid en kennis verborge is. DIT sê ek, sodat niemand julle mag verlei met drogredes nie.
KOLOSSENSE 2:1-4 Bybel vir almal (ABA)
Ek wil hê julle moet weet dat ek baie hard werk vir julle en vir die gelowiges in die stad Laodisea en vir al die mense wat my nog nie ontmoet het nie. Ek wil vir almal sê hulle moet aanhou om lief te wees vir mekaar en om baie seker te wees dat hulle alles weet van God se boodskap oor Christus. God wil hê julle moet vir Christus ken. God se boodskap oor Christus is 'n boodskap wat niemand voorheen geken het nie. Christus het al die kennis en wysheid, maar tot nou toe het die mense dit nie geweet nie. Ek sê dit alles vir julle, want ek wil nie hê mense moet julle bedrieg nie. Hulle vertel vir julle dinge wat reg lyk, maar wat verkeerd is.
KOLOSSENSE 2:1-4 Afrikaans 1933/1953 (AFR53)
WANT ek wil hê dat julle moet weet wat 'n groot stryd ek oor julle het, en oor die wat in Laodicéa is en almal wat my aangesig in die vlees nie gesien het nie, dat hulle harte vertroos mag word, deurdat hulle saamgevoeg word in die liefde en tot alle rykdom van die volle versekerdheid van insig, om die verborgenheid te leer ken van God en die Vader en van Christus, in wie al die skatte van wysheid en kennis verborge is. DIT sê ek, sodat niemand julle mag verlei met drogredes nie.
KOLOSSENSE 2:1-4 Afrikaans 1983 (AFR83)
Ek wil hê julle moet weet hoe sterk ek my beywer vir julle en vir die gelowiges in Laodisea en vir al die ander wat my ook nog nie persoonlik gesien het nie. My doel daarmee is dat hulle bemoedig moet word. Hulle moet met liefde aan mekaar verbind wees en saam strewe na diep en volledige insig, sodat hulle God se geheimenis kan ken. Die geheimenis is Christus, en in Hom is al die verborge skatte van wysheid en kennis te vind. Ek beklemtoon dit, sodat niemand julle met vals redenasies mislei nie.
KOLOSSENSE 2:1-4 Die Bybel 2020-vertaling (AFR20)
Ek wil hê julle moet weet hoe 'n groot stryd ek het – vir julle, vir diegene in Laodisea, en vir diegene wat my nog nie van aangesig tot aangesig gesien het nie. Dit is my doel dat hulle harte, deur liefde saamgebind bemoedig mag word, en dat hulle kan kom tot die volle rykdom van allesomvattende insig, ja, tot die kennis van die misterie van God, naamlik •Christus, in wie al die skatte van wysheid en kennis verborge is. Dit sê ek, sodat niemand julle met slinkse argumente om die bos sal lei nie.
KOLOSSENSE 2:1-4 Contemporary Afrikaans Bible 2023 (CAB23)
Want ek wil hê dat julle moet weet watter groot stryd Ek het vir julle en vir hulle in Laodisea en vir almal wat my aangesig nie in die vlees gesien het nie; Sodat hulle harte vertroos kan word, saamgebonde in liefde en tot alle rykdom van die volle sekerheid van verstand, tot die erkenning van die verborgenheid van God en van die Vader en van Christus; In wie is al die skatte van wysheid en kennis verborge. En dit sê ek, dat niemand julle met verleidelike woorde mag bedrieg nie.
KOLOSSENSE 2:1-4 Die Boodskap (DB)
Ek wil hê julle moet weet hoe ek my vir julle inspan. Dit is of ek in ’n hewige geveg ter wille van julle en die Laodiseërs gewikkel is; selfs ook vir hulle wat ek nog nie persoonlik ontmoet het nie. So wil ek hulle bemoedig. Hulle moet besef dat ons deur die drade van liefde aan mekaar vasgeweef is. Hulle het die geheim van God, naamlik Jesus, leer ken. Dit het hulle ryk laat voel. Skatte word in ’n skatkis gebêre. Om die goddelike dinge te ken en te verstaan hoe dit werk, is vir Christene soos sulke waardevolle skatte. Dit is in Jesus opgesluit en kan net by Hom gekry word. Ek beklemtoon dit sodat niemand julle op ’n verkeerde spoor kan lei met redenasies wat slim mag klink, maar eintlik van leuens deurtrek is nie.
KOLOSSENSE 2:1-4 Nuwe Lewende Vertaling (NLV)
Ek wil hê julle moet weet hoe hard ek stry – vir julle, vir die gelowiges in Laodisea en vir al die ander gelowiges wat my nog nie persoonlik ontmoet het nie. Dit is my doel dat hulle moed sal skep en deur liefde aan mekaar verbind sal wees. Ek wil hê dat hulle insig skatryk en oorvloedig sal wees, ja, dat hulle God se geheim heeltemal moet ken, naamlik: Christus. In die eenheidsband met Christus is al die geheime skatte van wysheid en kennis te vind. Ek skryf dit vir julle sodat niemand julle met mooipraatjies om die bos kan lei nie.