KOLOSSENSE 1:11-12
KOLOSSENSE 1:11-12 Die Bybel 2020-vertaling (AFR20)
en deur die mag van sy heerlikheid al die krag ontvang om geduldig in alles te volhard. Met blydskap moet julle die Vader dank, omdat Hy julle geskik gemaak het om deel te hê aan die heiliges se erfdeel in die lig.
KOLOSSENSE 1:11-12 Die Boodskap (DB)
God is die Een wat oor Goddelike mag beskik. Mag sy krag júlle krag word sodat julle glad nie ongeduldig word en begin moed verloor nie. Nee, staan vas en hou moed! Ek bid ook dat julle met ’n blye glimlag aan die Vader alle eer sal gee en Hom sal grootmaak. Sê vir Hom dankie. Hy het alles gedoen wat nodig is sodat julle die reg het om vir altyd te wees waar Hy, die groot Koning, heers. Hy sal julle beskerm. Daar waar God se wonderlike lig sonder ophou skyn, sal julle saam met al sy ander kinders bly. Julle vra hoe dit moontlik is.
KOLOSSENSE 1:11-12 Bybel vir almal (ABA)
Hy, die Koning, is baie sterk en Hy sal julle geloof sterk maak. Dan sal julle kan aanhou om geduldig te wees wanneer julle swaarkry. En julle sal bly wees en vir God die Vader dankie sê, want Hy het julle verander. Hy het vir almal wat aan Hom behoort, belowe dat hulle in die hemel by Hom sal wees. Julle sal ook in die hemel by Hom wees.
KOLOSSENSE 1:11-12 Afrikaans 1933/1953 (AFR53)
en met alle krag bekragtig word volgens die mag van sy heerlikheid tot alle lydsaamheid en lankmoedigheid met blydskap, en die Vader mag dank wat ons bekwaam gemaak het om deel te hê aan die erfdeel van die heiliges in die lig
KOLOSSENSE 1:11-12 Afrikaans 1983 (AFR83)
Mag God deur sy wonderbare krag julle alle sterkte gee om in alle omstandighede geduldig te volhard. Met blydskap moet julle die Vader dank wat julle geskik gemaak het om deel te hê aan die erfenis wat vir die gelowiges wag in die ryk van die lig.
KOLOSSENSE 1:11-12 Contemporary Afrikaans Bible 2023 (CAB23)
Met alle krag versterk, volgens sy heerlike krag, tot alle lankmoedigheid en lankmoedigheid met blydskap; Dank die Vader wat ons bekwaam gemaak het om deel te hê aan die erfdeel van die heiliges in die lig.
KOLOSSENSE 1:11-12 Nuwe Lewende Vertaling (NLV)
Ons bid dat Hy deur die krag van sy goddelike heerlikheid julle sal toerus met al die krag wat julle nodig het om in alle omstandighede geduldig te volhard terwyl julle met blydskap altyd die Vader dank dat Hy julle geskik gemaak het om in die erfenis van God se mense te deel, die erfenis wat wag vir mense wat volgens sy wil lewe.