AMOS 8:11
AMOS 8:11 Afrikaans 1983 (AFR83)
Maar daar kom dae, sê die Here my God, dat Ek 'n honger oor die aarde laat kom: 'n honger nie na kos nie, 'n dors nie na water nie, maar om die woorde van die Here te hoor.
AMOS 8:11 Bybel vir almal (ABA)
Die Here het gesê: “Daar sal 'n tyd kom wanneer Ek almal in die land honger sal maak. Maar hulle sal nie honger wees vir kos of dors wees vir water nie. Hulle sal honger wees vir die woorde van die Here.
AMOS 8:11 Afrikaans 1933/1953 (AFR53)
Kyk, daar kom dae, spreek die Here HERE, dat Ek 'n honger in die land stuur, nie 'n honger na brood nie en nie 'n dors na water nie, maar om die woorde van die HERE te hoor.
AMOS 8:11 Die Bybel 2020-vertaling (AFR20)
“ Kyk, daar kom dae,” is die uitspraak van my Heer, die HERE, “dat Ek hongersnood in die land sal uitstuur – nie 'n honger na brood en 'n dors na water nie, maar 'n honger om die woorde van die HERE te hoor.
AMOS 8:11 Contemporary Afrikaans Bible 2023 (CAB23)
Kyk, daar kom dae, spreek die HERE HERE, dat Ek 'n hongersnood in die land sal stuur, nie 'n hongersnood na brood of 'n dors na water nie, maar om die woorde van die HERE te hoor.