HANDELINGE 9:4-5
HANDELINGE 9:4-5 Bybel vir almal (ABA)
Toe hy op die grond val, het hy gehoor dat Iemand sê: “Saul, Saul, hoekom doen jy hierdie slegte dinge aan My?” Saulus vra toe: “Meneer, wie is jy?” Die Persoon het gesê: “Ek is Jesus, jy doen slegte dinge aan My.
HANDELINGE 9:4-5 Afrikaans 1933/1953 (AFR53)
en hy val op die grond en hoor 'n stem vir hom sê: Saul, Saul, waarom vervolg jy My? En hy sê: Wie is U, Here? En die Here antwoord: Ek is Jesus wat jy vervolg. Dit is hard vir jou om teen die prikkels te skop.
HANDELINGE 9:4-5 Afrikaans 1983 (AFR83)
Hy het op die grond neergeval en 'n stem vir hom hoor sê: “Saul, Saul, waarom vervolg jy My?” “Wie is U, Here?” vra hy toe. “Ek is Jesus,” antwoord Hy. “Dit is vir My wat jy vervolg.
HANDELINGE 9:4-5 Die Bybel 2020-vertaling (AFR20)
en hy het op die grond neergeval en 'n stem vir hom hoor sê: “Saul, Saul, waarom vervolg jy My?” Hy het gevra: “Wie is U, Here?” En Hy antwoord: “Ek is Jesus, wat jy vervolg.
HANDELINGE 9:4-5 Contemporary Afrikaans Bible 2023 (CAB23)
En hy het op die aarde geval en 'n stem vir hom hoor sê: Saul, Saul, waarom vervolg jy My? En hy sê: Wie is U, Here? En die Here sê: Ek is Jesus wat jy vervolg; dit is vir jou moeilik om teen die prikkels te skop.