HANDELINGE 8:1
HANDELINGE 8:1 Bybel vir almal (ABA)
Saulus het gedink dit is reg dat hulle vir Stefanus vermoor het. Op daardie dag het die Joodse leiers begin om baie slegte dinge te doen aan die kerk in Jerusalem. Al die gelowiges het gevlug na plekke in Judea en Samaria. Maar die apostels het in Jerusalem gebly.
HANDELINGE 8:1 Afrikaans 1933/1953 (AFR53)
EN Saulus het ook sy vermoording goedgekeur. En daar het in dié tyd 'n groot vervolging teen die gemeente in Jerusalem ontstaan, en almal is verstrooi oor die streke van Judéa en Samaría, behalwe die apostels.
HANDELINGE 8:1 Afrikaans 1983 (AFR83)
Ook Saulus het hierdie moord goedgekeur. Daardie dag het daar 'n hewige vervolging van die gemeente in Jerusalem begin. Al die gelowiges behalwe die apostels is uitmekaar gejaag en verstrooi oor die gebiede van Judea en Samaria.
HANDELINGE 8:1 Die Bybel 2020-vertaling (AFR20)
Saulus het die moord op Stefanus goedgekeur. Op daardie dag het daar 'n hewige vervolging teen die •gemeente in Jerusalem ontstaan, en almal behalwe die •apostels is deur die streke van Judea en Samaria verstrooi.
HANDELINGE 8:1 Contemporary Afrikaans Bible 2023 (CAB23)
En Saul het met sy dood ingestem. En in daardie tyd was daar 'n groot vervolging teen die gemeente wat in Jerusalem was; en hulle was almal verstrooi in die streke van Judéa en Samaria, behalwe die apostels.
HANDELINGE 8:1 Die Boodskap (DB)
Stefanus se dood was net die geleentheid waarop die godsdienstige leiers in Jerusalem gewag het. Hulle het nou met mag en mening onder die gelowiges in die stad ingeklim en hulle oral begin vervolg. Dit het veroorsaak dat die gelowiges in alle rigtings dwarsdeur Judea en Samaria gevlug het. Omtrent net die apostels het in Jerusalem agtergebly.