HANDELINGE 7:1-2
HANDELINGE 7:1-2 Bybel vir almal (ABA)
Die hoëpriester vra toe vir Stefanus: “Is dit waar wat hierdie mense sê?” En Stefanus sê: “My vriende, julle moet goed luister. God wat koning is, het verskyn aan ons voorvader Abraham toe hy in Mesopotamië gewoon het. Dit was voordat Abraham in Haran gewoon het.
HANDELINGE 7:1-2 Afrikaans 1933/1953 (AFR53)
TOE sê die hoëpriester: Is hierdie dinge dan so? En hy sê: Broeders en vaders, luister! Die God van die heerlikheid het verskyn aan ons vader Abraham toe hy in Mesopotámië was, voordat hy in Haran gewoon het
HANDELINGE 7:1-2 Afrikaans 1983 (AFR83)
Die hoëpriester vra toe vir Stefanus: “Is dit waar?” Toe sê Stefanus: “Broers en vaders, luister na my! God, aan wie al die eer toekom, het aan ons voorvader Abraham verskyn toe hy nog in Mesopotamië was, voordat hy in Haran gaan woon het.
HANDELINGE 7:1-2 Die Bybel 2020-vertaling (AFR20)
Die hoëpriester het toe gevra: “Is dit regtig so?” En Stefanus het geantwoord: “Broers en vaders, luister! Die God van heerlikheid het verskyn aan ons vader Abraham toe hy in Mesopotamië was, nog voordat hy hom in Haran gevestig het
HANDELINGE 7:1-2 Contemporary Afrikaans Bible 2023 (CAB23)
Toe sê die hoëpriester: Is hierdie dinge so? En hy sê: Manne, broers en vaders, luister; Die God van heerlikheid het aan ons vader Abraham verskyn toe hy in Mesopotamië was, voordat hy in Charran gewoon het
HANDELINGE 7:1-2 Die Boodskap (DB)
“Wat het jy hierop te sê?” het die hoëpriester vir Stefanus gevra. “Vriende, hooggeagte raadslede, luister asseblief baie mooi,” het Stefanus geantwoord. “Ek wil graag met julle oor God praat. Aan Hom kom al die eer toe. Hy is die Heilige wat Hom aan Abraham kom bekendmaak het toe hy nog daar in Mesopotamië gebly het. Dit het gebeur nog voor Abraham na Haran getrek het.