HANDELINGE 6:1-6
HANDELINGE 6:1-6 Die Bybel 2020-vertaling (AFR20)
Maar in dié dae, toe die aantal dissipels al hoe meer geword het, het 'n gemor onder die Helleniste teen die Hebreërs ontstaan omdat hulle weduwees in die daaglikse versorging oor die hoof gesien word. Die twaalf het daarop die hele groep dissipels bymekaargeroep en gesê: “Dit is nie goed dat ons die woord van God verwaarloos om by die tafels diens te verrig nie. Broers, soek dan sewe mans onder julle, van goeie getuienis en vol van die Gees en van wysheid, wat ons vir hierdie taak kan aanstel. En ons sal ons dan toelê op gebed en die bediening van die woord.” Die voorstel het by die hele groep byval gevind, en hulle het vir Stefanus, vol van geloof en die Heilige Gees, en ook Filippus, Progorus, Nikanor, Timon, Parmenas en Nikolaus, 'n proseliet uit Antiogië, gekies. Hulle het hierdie manne aan die •apostels voorgestel, en die apostels het vir hulle gebid en hulle die hande opgelê.
HANDELINGE 6:1-6 Afrikaans 1983 (AFR83)
In daardie tyd, toe die gelowiges nog steeds meer geword het, het daar teen die Hebreeussprekendes klagtes gekom van die Griekssprekendes dat hulle weduwees in die daaglikse versorging afgeskeep word. Die twaalf apostels roep toe al die gelowiges bymekaar en sê vir hulle: “Dit is nie reg dat ons die verkondiging van die woord van God verwaarloos om die versorging te kan behartig nie. Nou, broers, soek sewe mans onder julle uit wat daarvoor bekend is dat hulle vol van die Heilige Gees is en wysheid het, sodat ons hulle vir hierdie taak kan aanstel. Ons sal dan al ons aandag aan gebed en die bediening van die woord bly gee.” Die voorstel het by al die gelowiges byval gevind, en hulle het Stefanus gekies, 'n man met 'n vaste geloof en vol van die Heilige Gees, en verder Filippus, Progorus, Nikanor, Timon, Parmenas, en Nikolaus wat van Antiogië afkomstig was en vantevore uit die heidendom tot die Jodedom oorgegaan het. Die gelowiges het hulle voor die apostels gebring, en dié het vir hulle gebid en hulle die hande opgelê.
HANDELINGE 6:1-6 Bybel vir almal (ABA)
Die gelowiges het in hierdie tyd meer en meer geword. Die mense in die gemeente wat Grieks praat, het begin kla oor die mense in die gemeente wat Hebreeus praat. Hulle het gesê dat die weduwees van die mense wat Grieks praat, nie genoeg kos kry wanneer die gelowiges elke dag vir die arm mense in die gemeente kos gee nie. Toe het die twaalf apostels al die gelowiges bymekaar laat kom. Die apostels het vir hulle gesê: “Ons, die apostels, moenie die hele dag besig wees om kos te gee vir die arm mense nie. Want dan sal ons nie genoeg tyd hê om die boodskap van God vir mense te bring nie. Dit is nie reg nie. Vriende, julle moet sewe manne in die gemeente kies. Almal moet weet en sê dat hulle goeie manne is. Die Heilige Gees moet regeer oor hulle lewens en hulle moet baie wysheid hê. Ons moet vir hulle die werk gee om vir die arm mense te sorg. En dan kan ons, die apostels, al ons tyd gebruik om vir mense te bid en om die boodskap van God te bring.” Die gelowiges het almal gedink dit is goed wat die apostels gesê het. Hulle het toe die volgende manne gekies: Stefanus, 'n man wat 'n sterk geloof gehad het, die Heilige Gees was in hom, Filippus, Progorus, Nikanor, Timon, Parmenas en Nikolaus. Nikolaus het voorheen in Antiogië gewoon. Hy was eers 'n heiden en hy het later die Jode se godsdiens aanvaar. Die gelowiges het hierdie manne voor die apostels laat staan. Die apostels het vir hulle gebid en hulle het hulle hande op die manne gesit.
HANDELINGE 6:1-6 Afrikaans 1933/1953 (AFR53)
EN in dié dae toe die dissipels vermeerder het, het daar 'n murmurering ontstaan van die Griekssprekende Jode teen die Hebreërs, omdat hulle weduwees in die daaglikse versorging oor die hoof gesien is. En die twaalf het die menigte van die dissipels byeengeroep en gesê: Dit is nie reg dat ons die woord van God nalaat om die tafels te bedien nie. Kyk dan uit, broeders, na sewe manne uit julle, van goeie getuienis, vol van die Heilige Gees en wysheid, wat ons oor hierdie nodige saak kan aanstel; maar ons sal volhard in die gebed en die bediening van die woord. En die woord het byval gevind by die hele menigte; en hulle het gekies: Stéfanus, 'n man vol van geloof en van die Heilige Gees, en Filippus en Próchorus en Nikánor en Timon en Pármenas en Nikoláüs, 'n Jodegenoot uit Antiochíë, wat hulle voor die apostels gestel het; en hulle het gebid en hulle die hande opgelê.
HANDELINGE 6:1-6 Afrikaans 1983 (AFR83)
In daardie tyd, toe die gelowiges nog steeds meer geword het, het daar teen die Hebreeussprekendes klagtes gekom van die Griekssprekendes dat hulle weduwees in die daaglikse versorging afgeskeep word. Die twaalf apostels roep toe al die gelowiges bymekaar en sê vir hulle: “Dit is nie reg dat ons die verkondiging van die woord van God verwaarloos om die versorging te kan behartig nie. Nou, broers, soek sewe mans onder julle uit wat daarvoor bekend is dat hulle vol van die Heilige Gees is en wysheid het, sodat ons hulle vir hierdie taak kan aanstel. Ons sal dan al ons aandag aan gebed en die bediening van die woord bly gee.” Die voorstel het by al die gelowiges byval gevind, en hulle het Stefanus gekies, 'n man met 'n vaste geloof en vol van die Heilige Gees, en verder Filippus, Progorus, Nikanor, Timon, Parmenas, en Nikolaus wat van Antiogië afkomstig was en vantevore uit die heidendom tot die Jodedom oorgegaan het. Die gelowiges het hulle voor die apostels gebring, en dié het vir hulle gebid en hulle die hande opgelê.
HANDELINGE 6:1-6 Die Bybel 2020-vertaling (AFR20)
Maar in dié dae, toe die aantal dissipels al hoe meer geword het, het 'n gemor onder die Helleniste teen die Hebreërs ontstaan omdat hulle weduwees in die daaglikse versorging oor die hoof gesien word. Die twaalf het daarop die hele groep dissipels bymekaargeroep en gesê: “Dit is nie goed dat ons die woord van God verwaarloos om by die tafels diens te verrig nie. Broers, soek dan sewe mans onder julle, van goeie getuienis en vol van die Gees en van wysheid, wat ons vir hierdie taak kan aanstel. En ons sal ons dan toelê op gebed en die bediening van die woord.” Die voorstel het by die hele groep byval gevind, en hulle het vir Stefanus, vol van geloof en die Heilige Gees, en ook Filippus, Progorus, Nikanor, Timon, Parmenas en Nikolaus, 'n proseliet uit Antiogië, gekies. Hulle het hierdie manne aan die •apostels voorgestel, en die apostels het vir hulle gebid en hulle die hande opgelê.
HANDELINGE 6:1-6 Contemporary Afrikaans Bible 2023 (CAB23)
En in daardie dae, toe die getal van die dissipels vermeerder het, het daar 'n murmurering van die Grieke teen die Hebreërs ontstaan, omdat hulle weduwees in die daaglikse bediening verwaarloos was. Toe roep die twaalf die menigte van die dissipels na hulle en sê: Dit is geen rede dat ons die woord van God moet verlaat en tafels moet bedien nie. Daarom, broers, kyk onder julle uit na sewe manne met eerlike verslag, vol van die Heilige Gees en wysheid, wat ons oor hierdie saak kan aanstel. Maar ons sal ons gedurigdeur aan gebed en aan die bediening van die woord oorgee. En die woord het die hele menigte behaag: en hulle het Stefanus gekies, 'n man vol geloof en van die Heilige Gees, en Filippus en Prochorus en Nikanor en Timon en Parmenas en Nikolaas, 'n proseliet van Antiogië. Wat hulle voor die apostels gestel het, en nadat hulle gebid het, het hulle hulle die hande opgelê.
HANDELINGE 6:1-6 Die Boodskap (DB)
Die kerk in Jerusalem het intussen al hoe meer lidmate bygekry. Mense van oor die wêreld het by hulle aangesluit. Toe ontstaan daar ’n krisis. Die gelowiges wat net Grieks kon praat, het op ’n dag begin voel dat diegene in die gemeente wat net Hebreeus praat, teen hulle diskrimineer. Party van die weduwees wat Grieks gepraat het, het volgens hulle te min kos gekry by die geleenthede waar die apostels elke dag kos aan die armes uitgedeel het. Toe die twaalf apostels daarvan te hore kom, het hulle ’n gemeentevergadering belê. “Dit is nie reg dat ons ons opdrag om die Woord van God uit te dra afskeep om vir die armes kos te gee nie,” het hulle vir die gelowiges gesê. “Ons het nou die volgende plan: kies sewe mans uit julle geledere om hierdie werk by ons oor te neem. Maar dit moet mans wees wat julle almal ken en vertrou. Hulle moet ook verstandig wees en vol van die krag van die Heilige Gees. Dan kan ons voortgaan met ons taak om te bid en om die Woord van God bekend te maak.” Die gemeente was baie tevrede met dié plan. Hulle het toe die volgende mans gekies: Stefanus, iemand wat die Here met sy hele lewe vertrou het en wat vol van die krag van die Heilige Gees was, asook Filippus, Progorus, Nikanor, Timon, Parmenas en Nikolaus uit Antiogië. Hy het hom vroeër tot die Joodse geloof bekeer.
HANDELINGE 6:1-6 Nuwe Lewende Vertaling (NLV)
Namate die aantal gelowiges steeds toegeneem het, het daar klagtes gekom. Die Griekssprekendes het gekla oor die daaglikse verspreiding van kos aan hulle weduwees. Hulle het beweer dat die Arameessprekendes hulle afskeep. Die Twaalf roep toe al die gelowiges bymekaar en sê vir hulle: “Ons as apostels behoort ons besig te hou met die verkondiging van die woord van God, nie met die verspreiding van kos nie. Medegelowiges, kies sewe mans onder julle wat daarvoor bekend is dat hulle vol van die Heilige Gees is en wysheid het. Ons sal hulle dan vir hierdie bediening aanstel. Óns sal dan al ons tyd bestee aan gebed en die bediening van die woord.” Die voorstel het by almal byval gevind, en hulle het die volgende mans verkies: Stefanus (’n man vol van geloof en die Heilige Gees), Filippus, Progorus, Nikanor, Timon, Parmenas en Nikolaus van Antiogië (wat voorheen ’n Joodse proseliet was). Hierdie sewe is aan die apostels voorgestel, en dié het vir hulle gebid en hulle die hande opgelê om hulle vir hulle taak toe te rus.