HANDELINGE 4:8-13
HANDELINGE 4:8-13 Bybel vir almal (ABA)
Die Heilige Gees het toe in Petrus gekom, en Petrus het gesê: “Leiers van die volk en familieleiers, julle beskuldig ons vandag omdat ons iets goed gedoen het vir 'n siek man, omdat ons iets gedoen het wat hierdie man gesond gemaak het. Julle almal, en die hele volk Israel, moet weet dat Jesus Christus van Nasaret hierdie man gesond gemaak het, daarom staan die man nou hier voor julle. Julle het vir Jesus gekruisig, maar God het Hom weer laat lewe. Hierdie Jesus is “ die klip, en julle is die bouers, julle het hierdie klip weggegooi, maar hierdie klip het die belangrikste klip in die hele gebou geword. “Net Jesus kan ons red, niemand anders nie. God het nie 'n ander naam op die aarde vir die mense gegee wat ons kan red nie, Hy wil hê die Naam van Jesus moet ons red.” Die Joodse leiers was verbaas toe hulle sien dat Petrus en Johannes nie bang is om oor Jesus te praat nie. Want hulle het geweet dat Petrus en Johannes die Wette van Moses nie goed geken het nie en dat hulle nie geleer het om voor ander mense te praat nie. Hulle het ook geweet dat Petrus en Johannes dissipels van Jesus was.
HANDELINGE 4:8-13 Afrikaans 1933/1953 (AFR53)
Daarop sê Petrus, vervul met die Heilige Gees, aan hulle: Owerstes van die volk en ouderlinge van Israel, as ons vandag ondervra word oor 'n weldaad aan 'n siek man, waardeur hy gesond geword het, laat dit bekend wees aan julle almal en aan die hele volk van Israel dat deur die Naam van Jesus Christus, die Nasaréner, wat julle gekruisig het, maar wat God uit die dode opgewek het, dat deur Hom hierdie man gesond voor julle staan. Hy is die steen wat deur julle, die bouers, verag is, wat 'n hoeksteen geword het. En die saligheid is in niemand anders nie, want daar is ook geen ander naam onder die hemel wat onder die mense gegee is, waardeur ons gered moet word nie. En toe hulle die vrymoedigheid van Petrus en Johannes sien en verstaan dat hulle ongeleerde en eenvoudige manne was, was hulle verwonderd en het hulle as metgeselle van Jesus herken.
HANDELINGE 4:8-13 Afrikaans 1983 (AFR83)
Toe het Petrus, vol van die Heilige Gees, vir hulle gesê: “Raadslede van die volk, en familiehoofde, julle verhoor ons vandag oor 'n weldaad aan 'n siek man en oor hoe hy gesond gemaak is. Julle almal en die hele volk Israel moet weet dat dit in die Naam van Jesus Christus van Nasaret is dat hy hier gesond voor julle staan – dié Jesus vir wie julle gekruisig het, maar wat God uit die dood opgewek het. Hy is “die klip wat deur julle, die bouers, afgekeur is. Juis Hy het die belangrikste klip in die gebou geword. “Hý bring die verlossing en niemand anders nie. Daar is geen ander naam op die aarde aan die mense gegee waardeur God wil dat ons verlos moet word nie.” Die Joodse Raad was verbaas toe hulle Petrus en Johannes se vrymoedigheid sien, want die Raad het geweet dit is maar ongeleerde en eenvoudige mense. Die raadslede het hulle ook herken as volgelinge van Jesus.
HANDELINGE 4:8-13 Die Bybel 2020-vertaling (AFR20)
Toe het Petrus, vervul met die Heilige Gees, vir hulle gesê: “Leiers van die volk en familiehoofde, as ons vandag verhoor word oor 'n goeie daad aan 'n siek man waardeur hy gesond geword het, moet julle almal en die hele volk van Israel weet dat hierdie man gesond voor julle staan deur die Naam van Jesus Christus van Nasaret “wat julle gekruisig het, wat God uit die dood opgewek het. “Hy is “ ‘die klip wat deur julle, die bouers, geminag is, en die hoeksteen geword het.’ “Daar is ook deur niemand anders verlossing nie, en daar is geen ander naam onder die hemel aan mense gegee waardeur ons verlos kan word nie. ” Toe hulle Petrus en Johannes se vrymoedigheid sien en besef dat hulle ongeleerd en leke is, was hulle verbaas en het hulle hulle herken as mense wat saam met Jesus was.
HANDELINGE 4:8-13 Contemporary Afrikaans Bible 2023 (CAB23)
Toe sê Petrus, vervul met die Heilige Gees, vir hulle: Regeerders van die volk en oudstes van Israel! As ons vandag ondersoek word na die goeie daad wat aan die magtelose mens gedoen is, hoe word hy gesond; Laat dit aan julle almal en aan die hele volk van Israel bekend wees dat deur die Naam van Jesus Christus van Nasaret, wat julle gekruisig het, wat God uit die dode opgewek het, ja, deur Hom staan hierdie man heel voor julle. Dit is die steen wat deur julle bouers verwerp is, wat die hoof van die hoek geword het. En die saligheid is in niemand anders nie, want daar is geen ander naam onder die hemel wat onder die mense gegee is waardeur ons gered moet word nie. En toe hulle die vrymoedigheid van Petrus en Johannes sien en sien dat hulle ongeleerde en onkundige mense was, was hulle verwonderd; en hulle het van hulle geweet dat hulle by Jesus was.
HANDELINGE 4:8-13 Die Boodskap (DB)
Petrus was vol van die Heilige Gees se groot krag. Hy het dadelik geantwoord: “Geagte leiers van die volk en raadslede, ons staan vandag hier voor julle omdat ons ’n siek man gesond gemaak het. Hierdie man is in die Naam van Jesus Christus, die Man van Nasaret, genees. Julle weet van wie ek praat, want julle het Jesus ’n rukkie terug aan ’n kruis laat vasspyker. Maar God het Hom weer lewendig gemaak. “Julle het julle lelik misreken met Jesus. Julle het Hom doodgemaak en gedink julle is ontslae van Hom. So het julle die belangrikste klip in die gebou verwerp. Jesus is nou die belangrikste Persoon in die hemel. Daar is geen ander manier hoe julle in die regte verhouding met God kan kom as deur Hom nie. Niemand anders in die hemel of hier op aarde kan julle nou red nie.” Die lede van die Raad was verstom oor Petrus en Johannes se woorde, veral omdat hulle nie geleerde mense was nie. Tog was hulle nie bang om oor Hom te praat nie.
HANDELINGE 4:8-13 Nuwe Lewende Vertaling (NLV)
Toe het Petrus, vervul met die Heilige Gees, vir hulle gesê: “Leiers en familiehoofde van ons volk, word ons vandag verhoor oor ’n goeie daad aan ’n ver-lamde man? Wil julle weet hoe hy gesond gemaak is? Ek wil dit duidelik stel aan julle almal en aan die hele volk Israel dat hy gesond gemaak is in die Naam van Jesus Christus van Nasaret, dié Jesus vir wie júlle gekruisig het, maar wat God uit die dood opgewek het. Hy is: ‘Dié klip wat deur julle bouers geminag is; Hý het nou die sluitklip geword.’ “Daar is geen verlossing by iemand anders nie. Daar is geen ander naam op aarde wat mense kan aanroep om verlos te word nie.” Die raadslede was verbaas toe hulle Petrus en Johannes se waagmoed sien, want hulle het besef dis gewone mense sonder enige besondere opleiding. Hulle het hulle ook herken as mense wat saam met Jesus was.