HANDELINGE 4:11-12
HANDELINGE 4:11-12 Bybel vir almal (ABA)
Hierdie Jesus is “ die klip, en julle is die bouers, julle het hierdie klip weggegooi, maar hierdie klip het die belangrikste klip in die hele gebou geword. “Net Jesus kan ons red, niemand anders nie. God het nie 'n ander naam op die aarde vir die mense gegee wat ons kan red nie, Hy wil hê die Naam van Jesus moet ons red.”
HANDELINGE 4:11-12 Afrikaans 1933/1953 (AFR53)
Hy is die steen wat deur julle, die bouers, verag is, wat 'n hoeksteen geword het. En die saligheid is in niemand anders nie, want daar is ook geen ander naam onder die hemel wat onder die mense gegee is, waardeur ons gered moet word nie.
HANDELINGE 4:11-12 Afrikaans 1983 (AFR83)
Hy is “die klip wat deur julle, die bouers, afgekeur is. Juis Hy het die belangrikste klip in die gebou geword. “Hý bring die verlossing en niemand anders nie. Daar is geen ander naam op die aarde aan die mense gegee waardeur God wil dat ons verlos moet word nie.”
HANDELINGE 4:11-12 Die Bybel 2020-vertaling (AFR20)
“Hy is “ ‘die klip wat deur julle, die bouers, geminag is, en die hoeksteen geword het.’ “Daar is ook deur niemand anders verlossing nie, en daar is geen ander naam onder die hemel aan mense gegee waardeur ons verlos kan word nie. ”
HANDELINGE 4:11-12 Contemporary Afrikaans Bible 2023 (CAB23)
Dit is die steen wat deur julle bouers verwerp is, wat die hoof van die hoek geword het. En die saligheid is in niemand anders nie, want daar is geen ander naam onder die hemel wat onder die mense gegee is waardeur ons gered moet word nie.
HANDELINGE 4:11-12 Die Boodskap (DB)
“Julle het julle lelik misreken met Jesus. Julle het Hom doodgemaak en gedink julle is ontslae van Hom. So het julle die belangrikste klip in die gebou verwerp. Jesus is nou die belangrikste Persoon in die hemel. Daar is geen ander manier hoe julle in die regte verhouding met God kan kom as deur Hom nie. Niemand anders in die hemel of hier op aarde kan julle nou red nie.”