HANDELINGE 3:17-26

HANDELINGE 3:17-26 Die Boodskap (DB)

“Vriende, ek weet dat julle en julle leiers glad nie besef het waarmee julle besig was toe julle Jesus doodgemaak het nie. Tog het God lankal deur sy boodskappers gesê dat die Messias sou kom ly. Daarom het Hy julle onkunde gebruik om hulle woorde waar te laat word. “Nou moet julle julle sondes laat staan. Kom terug na God toe. Hy sal al julle sondes wat tussen julle en Hom staan, uit die pad vat. Hy sal nooit weer daaraan dink nie. “God se feestyd sal dan in julle lewe aanbreek. Hy gaan vir Jesus Christus binnekort na julle toe terugstuur. Totdat dit gebeur, bly Hy in sy hemelse woonplek. Dit is hoekom julle Hom nie nou kan sien nie. Maar Jesus sal sekerlik terugkom om alles hier op aarde nuut te maak. Dit het God lank gelede deur sy profete belowe. Moses het al vir julle gesê: ‘God sal binnekort uit julle midde ’n profeet soos ek op die toneel laat verskyn. Julle moet na hom luister. Doen alles wat hy vir julle sê! Elkeen wat nie na hom luister nie, sal doodgemaak word. Hulle sal nie meer deel wees van God se volk nie.’ “Al die ander profete daar van Samuel se tyd af het presies dieselfde gesê. “Julle is mos die nageslag van die profete. God het sy groot ooreenkoms met julle voorvaders gesluit. Hy het vir Abraham gesê: ‘Baie mense hier op aarde sal nog my goedheid beleef omdat Ek hierdie ooreenkoms met jou en jou nageslag gesluit het.’ “Julle staan vandag heel voor in die ry. Nadat God Jesus weer lewendig gemaak het, het Hy Hom heel eerste na julle toe gestuur om te wys hoeveel Hy vir julle omgee. Daarom moet julle julle sondes laat staan.”

HANDELINGE 3:17-26 Bybel vir almal (ABA)

Ja, vriende, ek weet julle het nie besef wat julle doen nie, julle leiers het ook nie besef wat hulle doen nie. Maar God het lank gelede vir al die profete gesê hulle moet die boodskap bring dat die Christus van God sal swaarkry en sal ly. En nou het God dit alles waar laat word. Daarom moet julle nou julle lewe verander en julle moet lewe soos God wil hê. Julle moet na God toe gaan sodat Hy julle sondes heeltemal kan wegneem. Dan sal julle weet dat die Christus regeer en julle sal kalm en rustig wees. En die Here sal vir Jesus stuur, Hy het vir Jesus gekies en aangestel om die Christus te wees. Jesus moet in die hemel bly totdat God alles nuut gemaak het. God het al hierdie dinge lank gelede gesê toe Hy vir sy gewyde profete gesê het om dit te sê. Moses het gesê: ‘ Julle God die Here sal vir julle 'n profeet stuur, die profeet sal wees soos ek is. Hierdie profeet sal een van julle wees. Julle moet luister na alles wat hy vir julle sal sê. Elkeen wat nie luister na daardie profeet nie, moet dit weet: Die Here sal hom wegvat van sy mense.’ En al die profete het vertel van die dinge wat nou gebeur, die profete van die tyd af toe Samuel gelewe het, die een profeet ná die ander profeet. Julle is die kinders van die profete en van die verbond wat God gemaak het met julle voorvaders. God het vir Abraham gesê: ‘ Al die volke van die aarde sal My vra om hulle te seën soos Ek jou nageslag sal seën.’ Daarom het God sy Dienaar Jesus gestuur. God het Hom eerste na julle toe laat kom. Die Dienaar wil julle seën, Hy wil elkeen van julle laat ophou om verkeerde dinge te doen.”