HANDELINGE 28:30-31
HANDELINGE 28:30-31 Bybel vir almal (ABA)
Paulus het twee jaar lank gewoon in die huis wat hy gehuur het. Almal wat hom wou besoek, het na hom toe gekom. Hy het vir hulle gepreek en hy het gesê dat God Koning is. Hy het ook vir hulle geleer van die Here Jesus Christus. Hy was nie bang om dit te doen nie, en niemand het hom gekeer nie.
HANDELINGE 28:30-31 Afrikaans 1933/1953 (AFR53)
En Paulus het twee volle jare in sy eie gehuurde huis gebly en almal ontvang wat na hom gekom het, terwyl hy die koninkryk van God gepreek en onderrig gegee het aangaande die Here Jesus Christus, met volle vrymoedigheid sonder enige verhindering.
HANDELINGE 28:30-31 Afrikaans 1983 (AFR83)
Paulus het 'n volle twee jaar lank in die huis gebly wat hy gehuur het, en hy het almal ontvang wat hom kom besoek het. Hy het die koninkryk van God verkondig en die mense alles oor die Here Jesus Christus geleer. Dit het hy gedoen met die grootste vrymoedigheid en sonder enige verhindering.
HANDELINGE 28:30-31 Die Bybel 2020-vertaling (AFR20)
Paulus het 'n volle twee jaar in sy gehuurde huis gebly en almal wat na hom gekom het, ontvang. Hy het die koninkryk van God verkondig en hulle met alle vrymoedigheid en ongehinderd oor die Here Jesus Christus onderrig.
HANDELINGE 28:30-31 Contemporary Afrikaans Bible 2023 (CAB23)
En Paulus het twee volle jaar in sy eie huurhuis gebly en almal ontvang wat by hom ingekom het, Deur die koninkryk van God te verkondig en die dinge wat die Here Jesus Christus aangaan, te leer met alle vrymoedigheid, en niemand verbied hom nie.
HANDELINGE 28:30-31 Die Boodskap (DB)
Daarna het Paulus twee jaar lank in sy gehuurde huis in Rome gebly. Hy het almal wat hom kom besoek het met oop arms ontvang. Paulus het met al sy gaste oor God se nuwe wêreld gepraat. Hy het gesê dat Jesus die Messias, die Gestuurde van God is. Hy regeer nou as Here oor alles en almal. Niemand het Paulus verbied om oor Jesus te praat nie.
HANDELINGE 28:30-31 Nuwe Lewende Vertaling (NLV)
Paulus het ’n volle twee jaar lank in sy eie gehuurde huis gebly, en hy het almal ontvang wat by hom aangedoen het. Hy het verkondig dat God as koning regeer, en die mense alles oor die Here Jesus Christus geleer. Hy het dit ongehinderd en met die grootste vrymoedigheid gedoen.