HANDELINGE 26:22-23
HANDELINGE 26:22-23 Afrikaans 1983 (AFR83)
Omdat God my tot vandag toe bewaar het, staan ek hier as sy getuie voor klein en groot. Ek verkondig maar net waarvan die profete en Moses gepraat het: Die Christus moes ly en die eerste wees wat uit die dood opstaan. Daardeur sou Hy aan die Jode en aan die heidennasies die lig bring.”
HANDELINGE 26:22-23 Bybel vir almal (ABA)
Maar God het my gehelp, tot vandag toe. Daarom staan ek hier en ek vertel vir almal van God, ek vertel dit vir kinders en vir grootmense. In die boeke van die profete en in die Wette van Moses is die dinge geskryf wat moes gebeur. Ek praat oor daardie dinge. Daar is geskryf dat die Christus baie swaar moes kry en dat Hy die eerste Persoon sal wees wat gesterf het en wat weer begin lewe het. Dan sal die Christus vir almal vertel dat God hulle red, die Jode en die heidene. Hulle sal wees soos mense wat in die donker is en dan die lig sien.”
HANDELINGE 26:22-23 Afrikaans 1933/1953 (AFR53)
Maar omdat ek hulp van God verkry het, staan ek tot vandag toe en getuig aan klein en groot, en spreek niks buiten wat die profete en ook Moses gesê het dat sou gebeur nie: dat die Christus moes ly en die eerste wees uit die opstanding van die dode, en 'n lig aan die volk en die heidene sou verkondig.
HANDELINGE 26:22-23 Afrikaans 1983 (AFR83)
Omdat God my tot vandag toe bewaar het, staan ek hier as sy getuie voor klein en groot. Ek verkondig maar net waarvan die profete en Moses gepraat het: Die Christus moes ly en die eerste wees wat uit die dood opstaan. Daardeur sou Hy aan die Jode en aan die heidennasies die lig bring.”
HANDELINGE 26:22-23 Die Bybel 2020-vertaling (AFR20)
Omdat ek God se bystand tot op hierdie dag ervaar het, staan ek voor klein en groot, en getuig oor niks anders as wat die Profete en Moses gesê het sal gebeur nie, naamlik dat die Christus moes ly, en die eerste uit die opstanding van die dooies moes wees, om aan sy volk en aan die heidene die lig te verkondig.”
HANDELINGE 26:22-23 Contemporary Afrikaans Bible 2023 (CAB23)
Nadat ek dan die hulp van God verkry het, gaan ek voort tot vandag toe om vir klein en groot te getuig en niks anders te sê as wat die profete en Moses gesê het sou kom nie. Dat Christus sou ly en dat Hy die eerste sou wees wat uit die dood sou opstaan en lig aan die mense en die heidene sou gee.
HANDELINGE 26:22-23 Die Boodskap (DB)
Maar God was by my. Tot vandag toe het Hy my opgepas. Daarom kon ek aan almal wat ek raakgeloop het, klein en groot, sy wil bekendmaak. Nie ’n enkele woord wat ek ooit gesê het, is in stryd met wat die profete en Moses gesê het nie. Hulle het lankal gesê dat die Messias moet kom ly. Hulle het ook gesê dat Hy uit die dood sou opstaan. Weet u, Jesus is die heel belangrikste Persoon wat nog ooit uit die dood opgestaan het. Daarom bring Hy redding vir alle mense op aarde. Hy is die lig vir almal wat in die donker leef, vir Jode en nie-Jode.”
HANDELINGE 26:22-23 Nuwe Lewende Vertaling (NLV)
Tot vandag toe het God my beskerm, en daarom staan ek hier en getuig voor klein en groot. Ek verkondig niks anders as wat die profete en Moses gesê het gaan gebeur nie: Die Messias moes ly en die eerste wees van die dooies wat opstaan. So sou Hy aan ons volk en aan die nie-Joodse nasies die lig verkondig.”