HANDELINGE 25:8
HANDELINGE 25:8 Die Boodskap (DB)
Paulus se verdediging was kort en kragtig: “Ek het niks verkeerds gedoen teen die wet van die Jode, of teen die tempel, of teen die keiser nie.”
HANDELINGE 25:8 Bybel vir almal (ABA)
En Paulus het gesê dat hy onskuldig is. Hy het gesê: “Ek het niks gedoen teen die wette van die Jode nie, ook nie teen die tempel in Jerusalem nie, en ook nie teen die keiser nie.”
HANDELINGE 25:8 Afrikaans 1933/1953 (AFR53)
terwyl hy tot sy verdediging gesê het: Ek het niks teen die wet van die Jode of teen die tempel of teen die keiser gesondig nie.
HANDELINGE 25:8 Afrikaans 1983 (AFR83)
Paulus het hom toe verdedig: “Ek het niks verkeerds teen die Joodse wet of die tempel of die keiser gedoen nie.”
HANDELINGE 25:8 Die Bybel 2020-vertaling (AFR20)
Paulus het homself toe verdedig: “Ek het niks verkeerds gedoen nie, nie teen die wet van die Jode, of teen die •tempel, of teen die keiser nie.”