HANDELINGE 21:10
HANDELINGE 21:10 Bybel vir almal (ABA)
Ons het 'n lang tyd daar gebly. Terwyl ons daar was, het 'n profeet van Judea daar aangekom. Sy naam was Agabus.
HANDELINGE 21:10 Afrikaans 1933/1953 (AFR53)
En onderwyl ons baie dae daar oorgebly het, het 'n sekere profeet met die naam van Ágabus van Judéa afgekom.
HANDELINGE 21:10 Afrikaans 1983 (AFR83)
Nadat ons reeds 'n hele paar dae daar was, het daar 'n profeet met die naam Agabus van Judea af aangekom.
HANDELINGE 21:10 Die Bybel 2020-vertaling (AFR20)
Terwyl ons 'n hele paar dae daar oorgebly het, het 'n sekere profeet met die naam Agabus uit Judea daar aangekom.
HANDELINGE 21:10 Contemporary Afrikaans Bible 2023 (CAB23)
En terwyl ons baie dae daar gebly het, het daar 'n sekere profeet met die naam van Agabus van Judéa afgekom.